Warm wedrenne wag op Kobos
Warm wedrenne wag op Kobos

Warm wedrenne wag op Kobos

Perdesport
Kobos Racing bied komende Saterdag 'n perderesiesbyeenkoms aan op plaas Kobos sowat 60 km vanaf Rehoboth op die pad na Klein Aub. Die byeenkoms staan bekend as die Independence Handicap 2019, as deel van die land se 29ste onafhanklikheidsvieringe.

Tien wedrenne word aangebied met altesame 35 perde van oor die land wat meeding vir prysgeld wat vir niks skrik nie (N$65 000).

Die hoofwedren is oor 1400 meter in die A-afdeling, met perde soos Oro Negro (Kobos-stalle), Kings Kitten (Freygang-stalle), Shadaloo (Professors Supporters Club) wat almal bekende perde uit die ooste van die land is, asook Attheroyal (Angermund stalle) en verskeie ander topperde van Namibië.

Die ander afdelings beloof ook om groot opwinding te verskaf en toeskouers op hul voete te hê met gedugte perde soos Valerian Steel (Kobos), Dashing Brave (Mouton Racing), Rockley Beach (Okahandja Racing), Pint Pot (Major Racing), Warm Peg (De Waal Racing), Lady Elliodor (Junius Racing), Apples of Gold en Target Search (Kobos) en die nuweling uit Suid-Afrika, Lady Yvonne (GKS Syndicate), om net 'n paar te noem. Daar word ook voorsiening gemaak vir eg Namibies geteelde perde wat sake in twee wedrenne gaan uitspook.

Organiseerders doen 'n beroep op Namibiërs om van oral te versamel en te deel in wat beloof om 'n baie spesiale dag vir perdesport in die land te wees.

Springkastele is beskikbaar en dit is dus nie nodig om die kinders tuis te los nie. Vermaak vir die dag word verskaf deur die Weekend Band, wat reeds legendes in die musiekbedryf is. Die dag word afgesluit met 'n dans – ook met Weekend Band – wat beloof om ewe veel opwinding as die resiese te verskaf.

Verrigtinge begin stiptelik om 11:00. Toegang is N$20 vir volwassenes, N$10 vir kinders, N$10 per voertuig en N$30 vir die dans.

Kobos Racing bedank graag die borge wat die dag moontlik maak en op wie die klub altyd kan staatmaak, naamlik Frank van Wyk Carriers, Windhoek Airport Transfers, Tours and Rentals (mnr. WG Mouton), LarryG Investments, DM Freight Logistics Solutions, Pedros Renovations, dr. Temba Sikwila, Desd Investments, Firmus Construction, Tsumis Turfklub, Egon Cloete, Electro Investments en Roadguard Tow-in Services.

Vir meer inligting kan Wenzel by 081 223 4588, Rudiaan by 081 128 2344 of Cherrief by 081 296 1127 gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!