Warmer see lok ongewone spesies

Tanja Bause
Weens die ongewoon warm temperature van die Atlantiese Oseaan langs die Namibiese kus (24 grade Celsius Dinsdag by die Mole opSwakopmund) word daagliks meer swemmers in die see gesien.

Nietemin, saam met die warm temperature, word sommige vis- en haaispesies nou gevang wat gewoonlik nie in die Namibiese waters voorkom nie. 'n Voorbeeld is twee hamerkophaaie wat vanaf 'n skiboot en 'n kajak gevang is.

“Hierdie vangste is baie ongewoon,” het die kajakhengelaar mnr. Stephan Calitz gesê.

Hy het die hamerkophaai by Myl 7 sowat 500 meter vanaf die strand gevang, met sardyne as aas. Die haai was sowat 1,5 meter lank.

Vissermanne op 'n skiboot het glo sowat 1 500 meter vanaf die strand by Vierkantklip 'n groot hamerkophaai, bloumarlyn en agt moordwalvisse gesien.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!