Warriors begin vandag opskerp
Sokker
Namibië sal op 2 September hul eerste kwalifiserende Wêreldbekerwedstryd in groep H teen Kongo Brazzaville in Gauteng speel.
Die Tafel Lager Brave Warriors sal vandag saamtrek om met voorbereidings vir hul komende kwalifiserende wedstryde vir die 2022 Fifa Wêreldbeker voor te berei.
Die Warriors sal weens die vervalle stand van sokkerstadions in Namibië nie hul wedstryde tuis speel nie, maar by die Orlando-stadion in Soweto, Suid-Afrika. Op 5 September pak hulle Togo in ’n wegwedstryd.
Bobby Samaria, hoofafrigter van die Warriors, het gister sy voorlopige groep van 32 spelers bekend gemaak wat hy teen Kongo wil aanwend.
Die Warriors sal op 6 Oktober Senegal besoek en dieselfde opponent vier dae later by die Orlando-stadion onthaal. Namibië sluit sy groepverpligtinge in November af wanneer hy Kongo besoek en Togo by die Orlando-stadion aandurf.
Die topspan van groep H sal by nege ander groepwenners vir die tweede kwalifiserende ronde aansluit. Die wenners van die tweede ronde sal die eer hê om vir die Wêreldbeker na Katar te reis waar die skouspel van 21 November tot 18 Desember 2022 aangebied word.
Slegs 28 spelers sal vir ’n oefenkamp in Suid-Afrika gekies word. Petrus Shitembi en Ryan Nyambe is weens beserings nie gekies nie.
Doelwagters: Edward Maova, Kamaijanda Ndisiro, Loydt Kazapua, Virgil Vries.
Verdedigers: Kennedy Amutenya, Riaan Hanamub, Ivan Kamberipa, Gebhardt Ananias, Larry Horaeb, Teberius Lombardt, Approcius Petrus, Denzil Haoseb, Charles Hambira, Immanuel Heita.
Middelveldspelers: Dynamo Fredericks, Wendell Rudath, Alfeus Handura, Manfred Starke, Wangu Gome, Deon Hotto, Absalom Iimbondi, Wesley Katjiteo, Marcel Papama, Prins Tjiueza, Willy Stephanus.
Voorspelers: Elmo Kambindu, Isaskar Gurirab, Monis Omseb, Peter Shalulile, Joslin Kamatuka, Benson Shilongo, Junias Theophilus.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie