Warriors met 28 na CHAN in Kameroen
Namibië sal graag wil voortbou op sy 2018-debuut toe hy die topagt gehaal het.
Bobby Samaria, hoofafrigter van die Tafel Lager Brave Warriors, kon gister uiteindelik sy toergroep aanwys wat stuk-stuk op dieselfde dag vanaf Windhoek via Johannesburg na Addis Abeba en van daar na Kameroen sou vertrek.
Die Namibiërs neem vir net die tweede keer aan die Afrika-Nasieskampioenskap (CHAN, “Championnat d’Afrique des Nations”) deel, ná die land se debuutkwalifikasie vir Marokko 2018. Onder afrigterskap van Ricardo Mannetti is Namibië se bullopie in die kwarteindstryd gestuit toe die gasheerspan hulle met 2-0 oorrompel het.
Afwagting op die ontvangs van die uitslae van die toergroep se verpligte Covid-19-toetse was tot gisteroggend die vertraging wat die samestelling van Namibië se spelersgroep van 28 moes bevestig. Te midde van die onvoorspelbare coronaviruspandemie word spanne toegelaat om meer spelers as die gebruiklike 23 te kies.
Die reisende groep is in drie verdeel en het onderskeidelik om 11:00, 14:30 en 16:35 vanaf Internasionale Lughawe Hosea Kutako aan boord gegaan.
Die Namibiërs stap komende Dinsdag teen Guinee vir hul eerste botsing op die veld, met Tanzanië wat vier dae later aan die beurt kom. Samaria se troepe takel Zambië in hul laaste groepwedstryd op 27 Januarie.
Ten spyte van die belemmerde voorbereiding wat positiewe Covid-uitslae vir tien spelers net voor Nuwejaar ingesluit het, bly afrigter Samaria positief dat Namibië sy man kan staan by die kontinentale toernooi wat uitsluitlik vir spelers uit elke land se plaaslike klubs is.
“Ons gaan om ons land met trots te verdedig en uiteraard nie om ’n grap te wees nie. Ons wil goeie rekenskap van ons potensiaal gee,” het Samaria dié week gesê.
Sestien lande sal in vier groepe poog om Marokko van sy eerste CHAN-titel te ontneem. Die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) het die CHAN-trofee twee maal gebuit (2009, 2016), terwyl Libië (2014), Marokko en Tunisië (2011) elk een keer die Afrika-Nasieskampioen was.
Die groepe is:
A: Kameroen, Mali, Burkina Faso, Zimbabwe.
Groep B: Libië, DRK, Kongo, Niger.
Groep C: Marokko, Rwanda, Uganda, Togo.
Groep D: Namibië, Guinee, Tanzanië, Zambië.
Die Namibiese toergroep na Kameroen is:
Doelwagters: Edward Maova, Ratanda Mbazuvara.
Verdedigers: Kamaijanda Ndisiro, Charles Hambira, Jonas Mateus, Emilio Martin, Vitapi Ngaruka, Ivan Kamberipa, Pat-Nevin Uanivi, Aprocious Petrus, Gregory Aukumeb.
Middelveldspelers: Johannes Mutanga, Erasmus Ikeinge, Alfeus Handura, Dynamo Fredericks, Absalom Iimbondi, Immanuel Heita, Ambrocius Amseb, Wendell Rudath, Gustav Isaak, Llewelyn Stanley, Wesley Katjiteo, Brandon Neibeb, Marcell Papama.
Voorspelers: Panduleni Nekundi, Isaskar Gurirab, Deryl Goagoseb, Elmo Kambindu.
Die openingswedstryd skop môre tussen die gasheerspan en Zimbabwe af Die fiinaal se laaste fluitjie blaas op 7 Februarie.
Die toernooi moes reeds verlede jaar in April plaasgevind het, maar moes weens die Covid-19-aanslag uitgestel word.
– Nampa/NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie