Warriors roep versterkings teen Tsjad
Ryan Nyambe van Blackburn Rovers is gereed om die nasionale trui die eerste maal in Windhoek aan te trek.
Tielman van Lill - Die volgende groot taak is op hande en die Tafel Lager Brave Warriors sal gou die herinnering aan hul loesing teen Zambië in hul vriendskaplike Hage Geingob-bekerwedstryd wil uitwis.
Môrenamiddag om sesuur stap die nasionale sokkerspan in die einste Sam Nujoma-stadion teen Tsjad in hul eerste kwalifiserende ronde vir die 2021 Total Afrika Nasiebekertoernooi (Afcon) op die veld.
Hoewel Zambië se Chipolopolo (81ste op Fifa-ranglys) die Warriors laas Saterdag in Katutura met 2-0 uitoorlê het om met die spoggerige Hage Geingob-trofee huiswaarts te vertrek, sal môre se uitstappie teen Les Sao (Die Sao-nasie) 'n totaal ander uitdaging aan die Namibiërs bied.
Namibië (119de op die Fifa-wêreldranglys), Tsjad (176), Guinee (78) en Mali (59) is saam in groep A geplaas waar net die voorste twee spanne na die eindtoernooi sal vorder.
Die Namibiërs sal reeds Donderdag die vliegtuig na Guinee haal waar hulle Sondag in Conakry teen dié land se Syli Nationale (Nasionale Olifante) in hul tweede Afcon-uitdunwedstryd te staan kom.
Die 2021 Afrika-Nasiesbekertoernooi vind vanaf 11 Junie tot 9 Julie in Kameroen plaas, waar 24 spanne dit om die mees gesogte louere op die vasteland sal uitspook.
Met al vier spanne in die groep wat nul punte het, begin die Warriors hul Afcon-boek op 'n skoon bladsy.
Bobby Samaria, tussentydse hoofafrigter van die Warriors, het die meeste van die spelers behou wat vroeër vanjaar diens tydens die 2019 Afcon-eindtoernooi in Egipte verrig het. Samaria sal egter die sweep moet klap, want behalwe dat sy troepe Saterdag betreklik min doelkanse geskep het en nie daarin kon slaag om met 'n baie belangrike doel af te rond nie, het hul verdediging die span ook op deurslaggewende oomblikke in die steek gelaat.
In Samaria se groep van 28 wat hy gister aangekondig het, het hy Ryan Nyambe (verdediger van Blackburn in die Engelse premierliga), Riaan Hanamub (verdediger van Jomo Cosmos, Suid-Afrika), Benjamin Nenkavu (middelveldspeler, Zambië) asook die aanvallers Panduleni Nekundi, Joslin Kamatuka, Peter Shalulile en Benson Shilongo ingesluit.
Dié sestal was almal in aksie in die Afcon-toernooi in Junie en Julie vanjaar in Egipte, waar Namibië sy wedstryde teen Marokko (0-1), Suid-Afrika (0-1) en Ivoorkus (1-4) verloor het. Sedert dié skouspel het beide die destydse afrigter, Ricardo Mannetti, en die kaptein Ronald Ketjijere van die toneel verdwyn.
Solank Samaria in beheer van die Warriors is, kan hy hom vir 'n opdraande stryd voorberei. Hy het wel die Warriors met sukses na die land se tweede Afrika-Nasieskampioenskap (CHAN) in Kameroen gelei wat in Januarie volgende jaar voorlê.
Dié prestasie is egter in die verlede en die gesoute Samaria sal sy oog opnuut op die 2021 Afcon-finale moet instel wat Junie 2021 in Kameroen aangebied word.
“Ons het 'n groot wedstryd teen Tsjad voor ons, waar ons bevoorreg is om eerste tuis kan speel. Om by die huis te speel, maak 'n groot verskil en ons sal seker moet maak dat ons die wedstryd wen. Ons het lesse uit die loesing die afgelope naweek teen Zambië geleer. Hiervandaan mars ons voort om vir die Afcon-finale te kwalifiseer.
“Ryan Nyambe maak sy debuut voor ons tuisondersteuners en dit is belangrik dat sy spanmaats hom tuis laat voel om sy land behoorlik te kan dien,” het Samaria vertel.
Kaartjies vir môre se botsing kos N$30 en is by Sokkerhuis in Katutura asook by Web-tickets beskikbaar.
Die oefengroep van 28:
Doelwagters: Virgil Vries, Loydt Kazapua, Ratanda Mbazuvara Edward Maova.
Verdedigers: Aprocious Petrus, Ivan Kamberipa, Emilio Martin, Teberius Lombard, Ryan Nyambe, Larry Horaeb, Denzil Haoseb, Chris Katjiukua, Riaan Hanamub.
Middelveldspelers: Marcel Papama, Immanuel Heita, Dynamo Fredericks, Llewelyn Stanley, Absalom Iimbondi, Petrus Shitembi, Wangu Gome, Benyamin Nenkavu, Deon Hotto.
Aanvallers: Isaskar Gurirab, Elmo Kambindu, Panduleni Nekundi, Peter Shalulile, Benson Shilongo, Joslin Kamatuka.
- Bygewerk van www.nfa.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie