Warriors sê koebaai vir CHAN 2020
Sokker
Namibië het sy Tafel Lager Brave Warriors amptelik onttrek aan die Afrika-Nasieskampioenskap (CHAN) wat bestem is om op 4 April in Kameroen af te skop.
Die toernooi sou Namibië se tweede deelname aan die kontinentale toernooi vir spelers van elke land se tuisgebaseerde spelers gewees het, ná hul debuut in 2018 waarin die Warriors die kwarteindronde gehaal het.
In die lig van die wêreldwye ingrypings om die verspreiding van die coronavirus te verhinder, bly waarnemers verbaas dat die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) tot in dié laat stadium steeds nie die CHAN-toernooi afgelas of uitgestel het nie. CAF byt steeds vas ondanks die onttrekkings van Marokko (die titelhouer) en Rwanda se spanne deur hul regerings.
Franco Cosmos, waarnemende sekretaris-generaal van die Namibiese Sokkervereniging (NFA), sê die stap moes geneem word.
“Ná riglyne deur president Hage Geingob, minister Erastus Uutoni van sport, jeug en nasionale diens asook die wêreldbeheerliggaam Fifa het die NFA geen ander keuse gehad as om die Warriors te onttrek nie,” sê hy.
’n Afvaardiging van die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) moes Kameroen die afgelope naweek besoek het om terplaatse ondersoek na voorkomingsmaatreëls teen coronavirus-verspreiding by die venues in te stel. ’n Finale besluit sal na aanleiding van hul bevinding geneem word.
“Ons het genoegsame redes asook riglyne van hoër gesag om Namibië se onttrekking te regverdig. Alle sokkerwedstryd onder ons beheer is vir die komene weke gekanselleer en die NFA sal deurentyd met belanghebbende partye in aanraking wees om die situasie te monitor,” het Cosmos verduidelik.
VERBOD IS AMPTELIK
Die Namibiese regering het gister sy skriftelike opskorting van alle georganiseerde sport in die land, insluitend internasionale deelname, vir die volgende 30 dae by monde van die sportministerie aangekondig.
Sportstadions is gesluit en oefensessies deur spanne of vergaderings deur ondersteuners word nie toegelaat nie, as deel van die veldtog om die verspreiding van die coronavirus te verhinder.
Die moratorium sal tot minstens 14 April van krag bly. Individuele atlete word toegelaat om op hul eie te oefen, maar die ministerie versoek die samewerking van alle sportfederasies, beheerliggame en klubs om hul aktiwiteite en vergaderings vir eers op te skort.
• Die grootste jeugsokkertoernooi in die land, The Namibian Newspaper Cup wat vir die Paasnaweek op Oshakati geskeduleer was, is ook gekanselleer.
• Netbal Namibië het aangekondig dat al sy aktiwiteite voorlopig opgeskort word. Dit sluit streekspanne se deelname aan die Newspaper Cup, die Jeugspele, streek- en sosiale ligas asook die land se aanbieding van die internasionale Pent Netbalreeks in.
• Die MTC Nestor Sunshine Bokspromosies het ook bevestig dat komende Saterdag se geveg vir Harry Simon Junior in Johannesburg teen Jabulani Makhense van Suid-Afrika ook onbepaald uitgestel is.
Simon Junior se geveg sou om die Wêreldboksvereniging (WBA) se Afrika-gordel asook die Internasionale Boksfederasie (IBF) se internasionale junior weltergetitel gewees het.
Die Sunshine-kamp sê hulle gee hiermee ook gehoor aan die Suid-Afrikaanse president, mnr. Cyril Ramaphosa, se verbod op openbare vergaderings van groot getalle mense.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie