Warriors sak twee plekke

Volgens Fifa is Namibië die 27ste beste Afrika-land op sy wêreldranglys.
Die Fédération Internationale de Football Association (Fifa) het gister sy nuutste wêreldranglys vrygestel.

Namibië is een van vier Afrika-lande wie se posisie op die Fifa-ranglys teruggesak het. Marokko het sy posisie met twee plekke verstewig, terwyl Mali (3 plekke), Guinee (een plek), Kongo (een) en Guinee-Bissau (een) ook vordering getoon het.

Nigerië het een plek laer gesak, met Namibië wat twee plekke moes inboet. Die groot verloorders is egter Uganda en Zimbabwe wat beide met vier posisies laer tevrede moet wees. Hierdie drietal spanne bevind hulle egter verreweg in beter posisies as Namibië op Fifa se wêreldranglys.

Genadiglik is daar nog tien Afrika-lande wat swakker as die Namibiese Brave Warriors vaar, maar nog steeds onder die wêreld se top-150 tel.

België is tans die nommer een span op die planeet, gevolg deur die 2018 Wêreldbeker-houer Frankryk en Brasilië.

Afrika presteer soos volg: 31ste Algerië, 33 Marokko, 36 Nigerië, 49 Egipte, 50 Kameroen, 52 Ghana, 54 Mali, 58 Burkina Faso, 60 Demokratiese Republiek Kongo, 61 Ivoorkus, 71 Suid-Afrika, 72 Guinee, 83 Uganda, 86 Gabon, 90 Kongo en Zambië, 94 Madagaskar, 101 Mauritanië, 104 Kenia, 106 Mosambiek, 111 Libië, 112 Zimbabwe, 113 Niger, 114 Sentraal-Afrikaanse Republiek, 116 Sierra Leone, 119 Guinee-Bissau, 121 Namibië, 123 Malawi, 125 Angola, 127 Sudan, 128 Togo, 130 Comore, 133 Rwanda, 135 Tanzanië, 138 Burundi, 143 Lesotho, gesamentlik 146ste Ethiopië en Botswana.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!