Warriors skok Senegal, neem voortou
Sokker
Die Tafel Lager Brave Warriors se veldtog in die 2021 Cosafabekerreeks het sommer flink uit die blokke gekom met gister se sege teen Senegal in Nelson Mandelabaai (Gqeberha).
Namibië, wat sy enigste titel in die Suider-Afrikaanse streekkompetisie in 2015 gewen het, het teen die verwagtinge in met 2-1 gewen teen die Wes-Afrikane wat die topgekeurde sokkerland op die vasteland is en op spesiale uitnodiging aan die kompetisie deelneem.
Afrigter Bobby Samaria se manne is nou met dié drie punte boaan groep B.
Namibië het die voortou geneem met 'n puik treffer van Marcel Papama se linkervoet, wat spasie tussen die verdedigers en die doelwagter gevind het op volle vaart die bal doelhok toe te stuur.
Senegal het egter bykans oombliklik die gelykmaker gekry, toe die vleuel Lamane Diene kans gegee is om met puik tegniek af te rond.
Die telling het 1-1 gebly tot Namibië se doelskieter Elmo Kambindu 'n puik opbouwerk en 'n dwarsskop van Aprocious Petrus met sy kop doelhok toe gestuur het.
Vir sy feesviering het Kambindu 'n uitbundige agteroor bollemakiesie geslaan. Hy is agterna as die speler van die wedstryd aangewys.
In die openingswedstryd van die dag in groep B het Mosambiek met 0-0 gelykop gespeel teen die sesmalige wenners Zimbabwe.
– Cosafa.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie