Warriors slyp in kamp vir Cosafa
Voor hul vertrek na Durban sal die groep tot 20 spelers uitgedun word.
Andrew Poolman - Die Brave Warriors se hulpafrigter Collin Benjamin het 'n oefengroep van 29 spelers bekend gemaak vir 'n oefenkamp ter voorbereiding op die Cosafa-bekertoernooi waar sy span teen Malawi, Mosambiek en Seychelles gegroepeer is.
Die 2019-toernooi begin op 25 Mei in Durban. Benjamin verwag dat sy oefengroep reeds vanoggend om agtuur vir hul eerste oefensessie moet byeen kom, hoewel hy ook realisties is dat die klubs in die MTC Namibië Premierliga ook graag hul spelers sal wil gebruik om sterk te eindig in die liga wat eers op 26 Mei klaarmaak.
Benjamin, een van die nasionale hoofafrigter Ricardo Mannetti se twee assistente, sal die toerspan vir die Cosafa-toernooi na Suid-Afrika vergesel om Mannetti in staat te stel om op die voorbereiding vir die groter uitdaging van die Afrika Nasiebeker (Afcon) te fokus.
Doelwagter Loydt Kazapua en vleuel Joslin Kamatuka, beide verbonde aan Suid-Afrikaanse klubs, is die enigste twee spelers wat van buite die landsgrense opgeroep is.
Benjamin het benadruk dat 'n belangrike doelwit is om die plaaslike spelers te slyp vir die eerste kwalifiserende wedstryd in die 2020 Afrika Nasieskampioenskap (CHAN), wat einde Julie teen die eilandspan Comore voorlê.
“Ons wil hierdie spelers die kans gee om hul hand op te steek en te wys dat hulle in die land se A-span hoort. Die Afcon-skouspel kom nader en elke speler wil baie graag deel van daardie uitsoekspan wees. Die Cosafa-toernooi is 'n platform vir die plaaslike spelers om te wys wat hulle kan doen.
“CHAN is ook 'n belangrike doelwit vir Namibië en dus gebruik ons die Cosafa-toernooi om ons span voor te berei.
“Uiteraard wil ons altyd graag toernooie wen, maar die wenmotief is nie oorheersend nie, omdat ons fokus meer op voorbereiding vir die groter toernooie gerig is.”
Die afrigter sal voor die vertrek na Suid-Afrika sy oefengroep tot twintig spelers uitdun. Sy toerkaptein is nog nie bekend nie en sal op die oefenveld bepaal word, het hy gesê.
“Ons het net meer as twee weke om voor te berei en al weet ons dat ons eers so drup-drup voltallig sal word vanweë die klubs se verpligtinge, glo ek ons kan die span regkry.
“'n Mens verwag van die senior lede van die groep om die leiding te neem. Die oefengroep bevat talle spelers wat die afgelope jare in die nasionale opset was en reeds ondervinding van die groot oomblik het en wat met 'n goeie vertoning hul kleim kan afsteek,” het Benjamin gesê.
Die Brave Warriors open hul aanslag op groep B op 26 Mei teen Mosambiek in die King Zwelithini-stadion, met hul volgende wedstryd drie dae later teen Malawi op dieselfde veld. Die laaste groepwedstryd is op 30 Mei teen Seychelle in die Princess Magogo-stadion.
Die groepwenner dring deur tot die kwarteindstryd, waar Zambië op 2 Junie in die Princess Magogo-stadion voorlê. Die verloorder speel verder in die plaatafdeling, terwyl die wenner na die semifinaal op 5 Junie vorder.
Die eindstryd is vir 8 Junie in die Moses Mabhida-stadion in Durban geskeduleer.
Die oefengroep: Ratanda Mbazuvara (African Stars), Loydt Kazapua (Maccabi FC, Johannesburg), Kamaijanda Ndisiro (Black Africa), Ikeinge Erasmus (Tura Magic), Treasure Kauapirua (African Stars), Larry Horaeb (Tura Magic), Charles Hambira (Tura Magic), Vitapi Ngaruka (Black Africa), Ivan Kamberipa (African Stars), Emilio Martin (Black Africa), Approcius Petrus (Eleven Arrows), Edmund Kambanda (Unam), Absalom Iimbondi (Tigers), Aubrey Amseb (African Stars), Gustav Isaak (African Stars), Dynamo Fredericks (Black Africa), Immanuel Heita (Black Africa), Marcel Papama (African Stars), Wesley Katjiteo (Black Africa), Wendell Rudath (Black Africa), Quinton Kuruseb (Civics), Llewellyn Stanley (Tigers), Revered Matroos (Young Brazilians), Johannes Jackson (Tigers), Martin Shimaneni (Eleven Arrows), Issaskar Gurirab (Life Fighters), McCartney Nawaseb (Black Africa), Junias Theophilus (Tura Magic), Joslyn Kamatuka (Cape Umoya FC, Kaapstad).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie