Warriors sonder geskorste Kambindu
Sokker
Die Brave Warriors sal Sondag in die Sam Nujoma-stadion in hul laaste kwalifiserende wedstryd teen Guinee vir die 2021 Afrika-Nasiesbeker (Afcon), sonder die opsie van Elmo Kambindu moet klaarkom.
Kambindu, skerpskutter van Mighty Gunners, het die kol getref toe Namibië in November tuis met 2-1 teen Mali verloor het.
Die aanvaller sal egter die allerbelangrike kragmeting teen Guinee weens 'n skorsing misloop. Namibië moet dié botsing ten alle koste wen om vir volgende jaar se Afcon in Kameroen te kwalifiseer.
Bobby Samaria, hoofafrigter van die Warriors, beskryf Kambindu se afwesigheid as 'n tragedie.
"Dit is hartseer dat ons hom moes onttrek. Hy was veronderstel om die wedstryd teen Tsjad mis te loop, maar noudat Tsjad uit die kompetisie geskop is, moet hy sy skorsing teen Guinee uitdien. Hy het 'n groot steunpilaar in die span geword. Ons sal nou op die ander spelers moet fokus.”
Samaria sê Manfred Starke (FSV Zwickau) sal vandag uit Duitsland aankom en dan is die rolspelers in die kamp voltallig. Starke het die nasionale span laas in 2019 by die Afrika Nasiebekertoernooi in Egipte verteenwoordig.
“Al die professionele spelers van buitelandse klubs het by ons aangesluit en ons is hard besig met voorbereidings. Afhangende wat (vanaand) tussen Guinee en Mali gebeur, sal Sondag se wedstryd sy eie intriges oplewer. Ons het 'n kans om te kwalifiseer en sal die tuiswedstryd moet gebruik om dit te vermag,” het Samaria gesê.
SCENARIO'S
In groep A het Mali (10 punte) reeds gekwalifiseer, met Guinee tweede (8) en Namibië derde met ses.
Indien Guinee teen Mali gelykop speel, sal Namibië vir Guinee met 3-0 moet klop omrede hy sy eerste botsing teen Guinee met 2-0 verloor het. Indien Guinee teen Mali verloor, sal 'n sege teen Guinee genoeg wees om vir Kameroen te kwalifiseer.
Die Brave Warriors se spelersgroep:
Doelwagters: Loydt Kazapua, Virgil Vries, Edward Maova, Ratanda Mbazuvara, Ndisiro Kamaijanda.
Verdedigers: Teberius Lombard, Ananias Gebhardt, Immanuel Heita, Riaan Hanamub, Ivan Kamberipa, Emilio Martin, Amazing Kandjii, Vitapi Ngaruka, Aprocius Petrus, Denzil Haoseb, Charles Hambira.
Middelveldspelers: Deon Hotto, Wangu Gome, Dynamo Fredericks, Aubrey Amseb, Wendell Rudath, Absalom Iimbondi, Marcel Papama, Prins Tjiueza, Willy Stephanus, Alfeus Handura, Wesley Katjiteo, Manfred Starke, Steven Damaseb.
Voorspelers: Peter Shalulile, Derl Goagoseb, Issaskar Gurirab, Joslin Kamatuka, Salomon Omseb.
– www.nfa.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie