Was als as jy in dieselfde kroeë as Russiese spioen was
’n Dringende beroep is Sondag op die publiek in Salisbury, Engeland, gedoen om al hul besittings en klere te was as hulle onlangs in dieselfde kroeg en restaurant as ’n voormalige Russiese spioen en sy dogter was.
Dié beroep is gedoen ’n week nadat Sergei Skripal (66) en sy dogter, Yulia (33), bewusteloos gevind is op ’n bankie by ’n winkelsentrum in Salisbury, Wiltshire. Hulle is na die hospitaal gehaas en is steeds in ’n kritieke toestand, berig die BBC.
Intussen is bevestig dat Skripal en sy dogter met ’n middel vergiftig is wat die senustelsel aanval. Die polisie wil nie in dié stadium bekend maak presies watter middel dit is nie.
Een van die eerste polisielede op die toneel is ook verlede week in die hospitaal opgeneem en is steeds in ’n kritieke toestand. Boonop word twee ander polisiebeamptes vir minder ernstige simptome behandel nadat hul oë begin jeuk het en hulle kortasem geword het.
Spore van dié senumiddel is in die Mill-kroeg en Zizzi-restaurant in Salisbury opgespoor en daarom word die Britse publiek gevra om as voorsorgmaatreël al hul klere en besittings te was as hulle een van dié twee plekke die afgelope week besoek het.
Volgens prof. Sally Davies, Engeland se mediese hoofbeampte, is die risiko in dié stadium klein.
Daar is wel kommer dat as mense oor ’n lang tydperk aan die middel blootgestel word, dit gesondheidsprobleme kan veroorsaak.
Sy het egter beklemtoon dat daar geen rede tot paniek is nie.
“Die risiko vir die algemene publiek is steeds klein en ek is vol vertroue dat die restaurante se klante en personeel nie in gevaar is nie,” het sy gesê.
Die twee restaurante sal tot verdere kennisgewing gesluit wees. - Netwerk24/Sky News/BBC/Daily Mail

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie