Washington binne N-Korea se bereik
Washington binne N-Korea se bereik

Washington binne N-Korea se bereik

Noord-Korea het gister sy eerste missieltoets sedert middel-September uitgevoer.
Noord-Korea het vroeg gisteroggend nog ’n missieltoets gedoen wat moontlik bewys dat die Amerikaanse hoofstad, Washington, binne sy bereik is.

Amptenare van Amerika, Japan en Suid-Korea het dit as ’n interkontinentale ballistiese missiel beskryf, wat hoog die ruimte ingestuur is voordat dit naby Japan geland het.

Die missieltoets, Noord-Korea se eerste sedert middel-September, kom ’n week nadat pres. Donald Trump dié land weer terug op ’n lys geplaas het wat Amerika beskou as lande wat terrorisme ondersteun. Dit beteken Amerika kan nog sanksies teen Pyongyang instel.

Noord-Korea het reeds verskeie ballistiese missieltoetse onder leiding van die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, gedoen, ondanks internasionale sanksies. Trump het onderneem om Noord-Korea nie toe te laat om kernmissiele, wat Amerika kan tref, te ontwikkel nie.

Volgens die weermag van Suid-Korea het dié missiel ’n hoogte van sowat 4 500 km, meer as 10 keer die hoogte van die internasionale ruimtestasie, bereik. Dit het ook 960 km ver gevlieg voordat dit in Japan se eksklusiewe ekonomiese sone geland het.

Amerika sê dit hou nie ’n bedreiging vir hom, sy grondgebiede of bondgenote in nie.

Jim Mattis, Amerika se minister van verdediging, het aan verslaggewers in die Withuis gesê dat dié missiel hoër afgevuur is as enige ander in die verlede.

Mattis het dit beskryf as ’n navorsings- en ontwikkelingspoging om aan te hou om ballistiese missiele te bou wat enige bestemming ter wêreld kan bedreig.

Trump het telefonies met Shinzo Abe, premier van Japan, en Moon Jae-In, president van Suid-Korea, gepraat en al drie leiers het hulle daartoe verbind om Noord-Korea se bedreiging teen te staan.

“Dit is ’n situasie wat ons sal hanteer,” sê Trump.

Moon het aan Trump gesê dat Noord-Korea se missieltegnologie verbeter het.

Rex Tillerson, Amerika se minister van buitelandse sake, sê in ’n verklaring anders as om bestaande Verenigde Nasies (VN) sanksies uit te voer, “moet die internasionale gemeenskap bykomende maatreëls in werking stel om maritieme veiligheid op te skerp”.

Volgens Tillerson sluit dit ook die reg in om ’n interdik teen maritieme verkeer te kry.

Die VN se Veiligheidsraad gaan na verwagting Woensdag vergader om die jongste verwikkelinge te bespreek. Antonio Guterres, sekretaris-generaal van die VN, het die jongste missieltoets ten sterkste veroordeel.

“Dit is ’n duidelike skending van die Veiligheidsraad se resolusies en toon ’n totale verontagsaming van die internasionale gemeenskap se standpunt,” sê Guterres se woordvoerder in ’n verklaring. – Reuters/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!