Wasserfall-moord: Nog ’n verdagte in hof
Die broer van die hoofverdagte in Shannon Wasserfall se moordsaak is nou ’n medebeskuldigde.
Leandrea Louw op Walvisbaai – ’n Tweede verdagte is in verband met die moord op me. Shannon Wasserfall in hegtenis geneem en het reeds sy eerste verskyning Vrydag in die hof gemaak.
Mnr. Steven Junior Mulundu (22) is van moord en regsverydeling aangekla en volgens Shikwambi het hy homself Donderdag by die Narraville-polisiekantoor oorgegee.
“Volgens die verdagte het sy suster Azaan hom glo gebel om haar te help om van Wasserfall se oorskot ontslae te raak.”
Me. Azaan Madisia (28), Wasserfall se beste vriendin en die peetouer van haar kind, was die eerste verdagte wat in verband met die moord in hegtenis geneem is.
Wasserfall se oorskot is op 6 Oktober in ’n vlak graf in die omgewing van die nuwe Narraville-afdraaipad gevind, nadat sy in April vanjaar vermis geraak het.
Landdros Vicky Nicolaidis het beveel dat die klagte teen Mulundu met dié teen Madisia saamgevoeg word.
“Borgtog word geweier. Die aangeklaagde se regsverteenwoordiger sal sy regte aan hom verduidelik,” het sy gesê.
Die saak is tot 7 Desember vir verdere ondersoek uitgestel; dan sal Mulundu en Madisia saam in die hof verskyn.
Die staat word deur me. Maggy Shiyaga verteenwoordig, met mnr. Gilroy Kasper wat namens Mulundu optree.
Wasserfall word op 14 November om 09:00 uit die Rooms-Katolieke Kerk in Kuisebmond op Walvisbaai begrawe, terwyl gedenkdienste ook vooraf in Windhoek en op Walvisbaai gehou word. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie