Wasserfall-moordsaak: ondersoek vorder flink
Die broer en suster wat in aanhouding is in verband met die moord op Shannon Wasserfall het Woensdag weer in die hof verskyn.
Leandrea Louw op Walvisbaai – Die twee beskuldigdes wat van die moord op me. Shannon Wasserfall (22) verdink word, het Woensdag weer op Walvisbaai in die hof verskyn.
Me. Azaan Madisia (28) en haar broer, mnr. Steven Mulundu (22), is in hegtenis geneem op aanklag van moord en regsverydeling.
Madisia en Mulundu het voor landdros Vicky Nicolaidis verskyn.
Volgens staatsaanklaer Maggy Shiyagaya het die moordondersoek goed gevorder.
“Byna alle verklarings van getuies is ingevorder. Al wat nog kort, is die forensiese verslae van die laboratorium en die fotoplanne van die toneel. Die forensiese verslae sal waarskynlik nog 'n tydjie neem, dus die versoek om die saak tot 31 Mei 2021 uit te stel,” het sy gesê.
Shiyagaya het gesê die beskuldigdes, wat in aanhouding bly, het reeds aangedui dat hulle beplan om 'n formele borgtogaansoek in te dien.
“Die staat staan in dié stadium steeds borgtog teë.”
VONDS IN VLAK GRAF
Madisia was die eerste verdagte wat aan Wasserfall se verdwyning, wat op 10 April 2020 vanaf Kuisebmond vermis geraak het, gekoppel kon word.
Maande ná haar verdwyning, op 6 Oktober, is Wasserfall se oorskot in 'n vlak graf op Walvisbaai gevind nadat die polisie 'n leidraad ontvang het.
Wasserfall se verdwyning het landswye protesoptogte tot gevolg gehad. Mense het onder die hutsmerk #JusticeForShannon geregtigheid geëis.
Mulundu is in November 2020 in hegtenis geneem nadat hy homself aan polisie oorgegee het.
Hy het aan die polisie gesê dat hy Madisia glo gehelp het om van Wasserfall se liggaam ontslae te raak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie