Wasserfall-saak: Beskuldigdes kry regshulp
Leandrea Louw op Walvisbaai – Me. Azaan Madisia en mnr. Steven Mulundu, die tweetal wat teregstaan op die moord op me. Shannon Wasserfall (22), het daarin geslaag om die dienste van regshulpprokureurs te bekom om hulle te verteenwoordig.
Die saak is reeds twee keer uitgestel omdat hulle nie regsverteenwoordigers gehad het nie.
Madisia word deur mnr. Albert Titus verteenwoordig en Mulundu deur me. Tanya Klazen.
Beide Titus en Klazen het gesê die beskuldigdes is gereed om te pleit en dat hul aansoek om borgtog ingedien is.
Staatsaanklaer Maggy Shiyagaya het gesê die staat staan in hierdie stadium steeds borgtog teen. “Ons het die aansoek om borgtog ontvang. Ek beraadslaag tans met die adjunk-aanklaer-generaal oor ‘n moontlike datum – wat ook van die hof se beskikbaarheid sal afhang – vir die aansoek om borgtog.”
Die pleitdatum is tot 17 November uitgestel.
Landdros Vicky Nicolaidis het gesê ‘n vroeër datum vir hul aansoek om borgtog is nie moontlik nie, aangesien sy tans die enigste landdros aan diens is.
“My kollega is uit die distrik vir werk. Ons sal beraadslaag oor 'n geskikte datum vir die borgtogaansoek. Intussen moet julle in aanhouding bly.”
Madisia is die hoofverdagte in Wasserfall se verdwyning, wat op 10 April verlede jaar vanaf Kuisebmond vermis geraak het. Maande later, op 6 Oktober 2020, is haar oorskot in ‘n vlak graf in Walvisbaai gevind nadat die polisie ‘n anonieme wenk ontvang het.
Mulundu is in November 2020 in hegtenis geneem nadat hy homself aan die polisie oorgegee het en beweer het hy het Madisia gehelp om van Wasserfall se liggaam ontslae te raak. Albei beskuldigdes is sedertdien in aanhouding.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie