Wasserfall-saak uitgestel oor regshulp
Wasserfall-saak uitgestel oor regshulp

Wasserfall-saak uitgestel oor regshulp

Die broer en suster wat op me. Shannon Wasserfall se moord tereg staan, wag op regsverteenwoordiging.
Kristien Kruger
Leandrea Louw op Walvisbaai



Me. Azaan Madisia en haar mede-beskuldigde, mnr. Steven Mulundu, het Dins­dagoggend in die landdroshof op Walvisbaai verskyn.

Die verskyning was van korte duur en die saak is tot 11 Oktober uitgestel.

Die rede vir die uitstel is vir die be­skuldigdes om regshulp te verkry. Die saak is in Julie vanjaar weens dieselfde rede uitgestel.

Mulundu en Madisia se formele borgtogaansoek moes van 21 tot 23 Junie plaasvind, maar kon as gevolg van die gebrek aan verteenwoordiging vir die beskuldigdes, nie geskied nie.

Volgens Madisia het hul reeds om regshulp aansoek gedoen, maar wag steeds op 'n antwoord.

Mnr. Gilroy Kasper het dié broer en suster voorheen verteenwoordig.



KOMMER OOR VLEGSELS, ­VEILIGHEID

Madisia het met haar verskyning in die hof 'n nuwe haarstyl gehad. Dit volg nadat die bevelvoerder van gemeenskapsake in die Erongostreek, insp. Ileni Shapumba, haar versoek het om haar lang vlegsels te verwyder.

“Dis iets waaroor ons bekommerd is. Ons het reeds opdrag gegee dat sy die vlegsels moet verwyder, want dis 'n moontlike veiligheidsrisiko,” het Shapumba tevore gesê.



AGTERGROND

Madisia is die hoofverdagte in die verdwyning van die 22-jarige Shannon Wasserfall wat op 10 April 2020 in Kuisebmond vermis geraak het.

Die polisie het Wasserfall se oorskot op 6 Oktober 2020 in 'n vlak graf op Walvisbaai gevind nadat hulle 'n anonieme leidraad ontvang het.

Wasserfall se verdwyning het landswye betogings tot gevolg gehad wat geregtigheid onder die #JusticeFor­Shannon-veldtog geëis het.

Mulundu het homself in November verlede jaar aan die polisie oorgegee en erken dat hy Madisia gehelp het om van Wasserfall se lyk ontslae te raak.

Aanklaer Annakleta Kandjimi het namens die staat opgetree en landdros John Sindano het Dinsdag die saak aangehoor.

Die duo is sedert verlede jaar in aanhouding.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!