Wat as jou drome waar word?
Soms wonder ek of die handeling van wens, die strewe, die verlange of die versugting nie dalk lekkerder is as wanneer daai wens of versugting werklikheid word nie.
Is die journey nie dalk soms lekkerder as die bestemming nie?
Wat sal gebeur as al jou wense waar word?
Sal jy dit kan handle?
Elke klein kindjie het al gewens “ek wens al die wense wat ek wens, kom waar”.
Maar as dít gebeur, sal die helfte van ons dood wees (wat dalk glad nie so sleg is nie), die ander helfte sal sonder klere rondloop, mense sal van ellende vergaan, aan die brand slaan, verpoeier en in die niet verdwyn, deur die aarde ingesluk word, vishoeke vir hande hê, vrot tande en erge aknee hê, en in my ideale wêreld, geen stembande.
In my wildste drome het Game of Thrones nooit geëindig nie en kan ek in my TV klim en saam met die wildlings (my soort mense) in die niet verdwyn, maar nooit so koud soos hulle kry nie.
In my wildste drome werk ek net vyf dae 'n week en net tot vyfuur smiddae, wat my heelwat meer tyd saam met Spruit sal gee en dalk selfs tyd sal oorlaat om 'n boek te lees.
In my wildste drome kan ek orals heen teleport, en kan ek vreet en drink wat ek wil en nooit vet of dronk word nie.
In my wildste drome is my huis een van daai boomhuise op steroids met 'n asemrowende uitsig oor 'n woud en 'n moederneuker swaai; is Spruit se hele skoolloopbaan klaar betaal; besit ek Woolworths; kan ek WhatsApp-boodskappe deur middel van telepatie beantwoord en nie met twee dom duime nie; het ek genoeg geld om goedkoop carbs heeltemal uit my dieet te sny; is al my skuld betaal; kan ek spoedlees, enige soort som maak, en kan ek tjello soos Yo-Yo Ma speel – sonder om te oefen.
In my wildste drome kan Spruit my hart te alle tye sien en voel sodat sy weet ek is met elke asemteug liewer vir haar as vir enigiets op hierdie planeet, sodat sy verstaan hoekom ek soms raas en moan en skrik en worry.
In my wildste drome het sy die boyfriend van mý drome, raak ons Wi-Fi nooit stadig of op nie, en ken sy haar skoolwerk deur net met haar boeke onder haar kussing te slaap.
In my wildste drome is niemand werkloos, honger, bang, hartseer of in pyn nie.
In my wildste drome het ek reeds 'n graad in regte, ekonomie, politiek, genderstudies én filosofie.
Ek het ook reeds vir Sting, Peter Gabriel en Rammstein op die tjello begelei.
Maar wat as dit waar word? Wat as al hierdie goed rêrig gebeur?
Waaroor gaan ek dán moan? Waarvoor gaan ek dán wens?
En watse soort lewe is 'n lewe sonder wense en drome?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie