Wat bewaar SA'ners in bankkluise?
Wat bewaar SA'ners in bankkluise?

Wat bewaar SA'ners in bankkluise?

Nellie Brand-Jonker



Juweliersware, Krugerrande – en kontant.

Dit is klaarblyklik die soort dinge wat superrykes in veilige bewaring by hul bank hou.

Hofstukke van die 60 kliënte van FNB wat 'n eis teen die bank instel nadat die inhoud van hul bewaarkissies in drie afsonderlike rooftogte gesteel is, lig die sluier oor watter tipe items mense diep in kluise wil bewaar.

Die 60 kliënte eis altesaam R121 miljoen van FNB. Die hoogste eis is R38,5 miljoen van 'n Chinese sakevrou. Die naasgrootste eis is R4,4 miljoen.

Benewens die 17 Rolex-horlosies op die lys, het feitlik almal Krugerrande gestoor.

Los diamante en ander gesteentes asook talle goue godsdienstige items (Moslem, Hindoe en Katoliek) word ook gelys.

Van die interessantste items is:

•'n Italiaanse paspoort (ter waarde van R1 750);

•'n Boks los diamante (ter waarde van R65 000);

•'n Houtkis vol munte (ter waarde van R5 000);

•Hardeskyf van 2 teragreep (ter waarde van R1 666);

•Kontant – in een geval R900 000, en ander hou weer Amerikaanse dollars en euro's aan;

• 'n Stel van ses elk “uiters swaar” goue messe en vurke met die familie se voorletters daarop (ter waarde van R1,2 miljoen);

•'n Egskeidingsertifikaat;

• Vier goue armbande wat gemaak is van Britse goue munte wat in 1918 in Mumbai (Bombaai) gemunt is (ter waarde van R126 400);

•Private dokumente soos briewe en poskaarte;

•4 naeltjieringe van 9 karaat-goud;

•Antieke en skaars bronskrale van die Baoulé-mense van die Ivoorkus ter waarde van R4 500;

•Talle penne, soos 'n Mont Blanc-pen (ter waarde R36 000). Een persoon het verskeie penne soos 'n goue Cross-pen met 'n Barclays-logo (van R1 464) en 'n Parker Insignia-pen met “FNB One Billion Rand – 1994” daarop gegraveer (teen R144) en 'n Sheaffer-vulpen en potloodstel (van R529);

•'n Sigaretaansteker van geelgoud (ter waarde van R104 065), 'n goue sigaretaansteker (van R7 000) asook 'n goue Dunhill-aansteker in sy oorspronklike groen boks (teen R12 500). Selfs 'n Zippo haal 'n bewaarkissie (teen R1 231);

•'n Medalje van die Tweede Wêreldoorlog wat gegraveer is (teen R5 000);

•'n Mickey Mouse- goue borsspeld (teen R998);

•'n Silwer snuifboks (ter waarde van R950);

•“Sensitiewe kerkdokumente”, waaronder titelaktes waar grond toegeken is aan 'n sekere kerk.

Die waarde word as R500 000 aangedui;

•Onder die 2 228 items is die duurste Rolex-horlosie 'n Rolex Cosmograph van witgoud ter waarde van R482 100.

•'n Hangertjie van 18 karaat witgoud met 'n blom van ­diamante en robyne ter waarde van R4,5 miljoen. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!