Wat hou 2019 vir beleggers in?

Volgens 'n ekonomoom kan 2019 vir die eerste keer sedert die wêreldwye finansiële krisis van 2008 'n verskuiwing sien van internasionale aandele as beste bateklas in 'n portefeulje tot ander bateklasse as goeie alternatiewe.
Riana de Lange - Suid-Afrikaanse beleggers behoort vanjaar steeds alternatiewe bronne van opbrengs by hul portefeuljes te voeg, en moenie net op aandele en effekte fokus nie.

Só het Hywel George, beleggingsdirekteur van Old Mutual Investment Group (OMIG), laat verlede jaar tydens 'n aanbieding gesê.

Dié alternatiewe sluit in onroerende bates soos infrastruktuurbeleggings, eiendom, landboubates en private ekwiteit. “Wêreldwyd belê groot pensioenfondse sowat 20% in die een of ander vorm van alternatiewe bates, maar in Suid-Afrika maak dit net 2% van institusionele bates uit.”

Peter Brooke, hoof van makro-­oplossings by OMIG, sê rentekoersverhogings in Amerika kan dié ekonomie laat stoom verloor. Die begrotings- en handelstekort in Amerika kan vanjaar tot 'n swakker dollar lei en Amerikaanse aandele onder druk plaas, terwyl die res van die wêreld goedkoper en aantreklike aandele bied.

Dié goedkoper aandele sluit Suid-Afrikaanse aandele in, en billike waardasies strek oor byna alle bateklasse, sê hy. OMIG het dus sy verwagte reële langtermynopbrengs opwaarts aangepas.

Verskuiwing

Wat Suid-Afrikaanse aandele betref, word 'n opbrengs van 5,5% oor die volgende vyf jaar verwag (teenoor 5% in Junie) en vir plaaslike effekte 4% (Junie 2018: 3,5%). Vir internasionale aandele is die opbrengsverwagting van 4,5% tot 5% aangepas (in dollar). 'n Verswakking in die rand sal dus dié opbrengs verder opstoot, sê Brooke.

Sanisha Packirisamy, 'n ekonoom by Momentum Investments, sê 2019 kan vir die eerste keer sedert die wêreldwye finansiële krisis van 2008 'n verskuiwing sien van internasionale aandele as beste bateklas in 'n portefeulje tot ander bateklasse as goeie alternatiewe.

Hoewel die waardasie van die Suid-Afrikaanse aandelemark verbeter, is vinniger ekonomiese groei en beter beleggersvertroue nodig om te verseker aandele wat teen 'n billike waarde verhandel, is ook goeie beleggingsopsies.

Beleggersvertroue sal 'n hupstoot kry as die regering belangrike beleidshervormings ná die algemene verkiesing deurvoer, sê sy.

Volgens Momentum Investments kan die genoteerde eiendomsektor ná 'n droewige 2018 waarin dit tot 30% van sy waarde verloor het, nou goeie opbrengs vir beleggers lewer. Verdere agterdog – soos die vraagtekens oor die Resilient-groep se finansiële struktuur – moet dan egter vermy word.

Intussen blyk dit Suid-­Afrikaanse beleggers het baie hoër verwag­tinge vir groei in 2019 as beleggers in ander lande.

Claire Walsh, direkteur van persoonlike finansies by die internasio­nale batebestuurder Schroders, sê Schroders se Global Investor Study 2018, 'n wêreldwye peiling, wys Suid-Afrikaners verwag oor die volgende vyf jaar groei van 13% per jaar, terwyl dit nie noodwendig realisties is nie.

Dié verwagtinge is sowat 3 ­persentasiepunte hoër as die wêreldgemiddeld, en boonop 8,4 persentasiepunte hoër as die werklike ­opbrengs van sekere portefeuljes die afgelope vyf jaar. Die peiling het op aandele gefokus omdat dit 'n hoër risiko dra en dus potensieel hoër opbrengste kan lewer. Meer as 22 000 beleggers in meer as 30 lande is betrek.

Walsh sê daar is 'n gaping tussen die opbrengs wat Suid-Afrikaners verwag en wat die afgelope paar jare gebeur het. So was die MSCI-wêreldindeks vir alle lande se gemiddelde jaarlikse opbrengs van 2013 tot 2018 (in rand) 4,4%, maar Suid-Afrikaners verwag hul jaarlikse opbrengs sal met 8,4 persentasiepunte tot 12,8% per jaar oor die volgende vyf jaar styg. Die opbrengs sluit in groei in hul kapitaal, inkomste uit dividende en rente op beleggings. “Suid-Afrika is derde op die lys van die verskil tussen verwagte en werklike opbrengs. Net die Russe (13 persentasiepunte) en beleggers in die Verenigde Arabiese Emirate (8,5) toon 'n groter verskil,” sê sy.

Luidens die studie bestaan die gemiddelde Suid-Afrikaanse belegger se portefeulje uit sowat 31% aandele, 17% effekte, 21% kontant, 15% in eien­domsfondse en 15% alternatiewe beleggings.
- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.92 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.28 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1889.62 Up +2.40% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31250.64 Up +1.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 655.92/OZ DOWN -0.0009 | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0101 | Zinc US$ 2 998.50/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 73.53/BBP DOWN -0.0224 | Platinum US$ 987.16/OZ DOWN -0.0012 #N/A