Wat hou die toekoms vir teaterbedryf in?
Die Nasionale Teater in die hoofstad se roetine is deur die pandemie versteur, maar verskeie projekte is aan die gang om dié bedryf se hartklop te herstel.
Yandi du Plessis
Weens die nasionale inperking is die Nasionale Teater van Namibië (NTN) se deure reeds vir langer as twee maande gesluit. Verskeie projekte, produksies en repetisies is vir die voorsienbare toekoms uitgestel.
Dit beteken egter nie kunstenaars sit op hul hande of dat teatergangers droëbek sit en wag vir dinge om na “normaal” terug te keer nie. Hoewel die huidige situasie ver van ideaal is, gee dit wel aan Namibiese kunstenaars die geleentheid om hul kreatiwiteit op nuwe mediums uit te druk. Al meer kunstenaars wend hulle deesdae tot een of ander vorm van aanlyn-opvoerings, hetsy dit op Facebook of YouTube uitgesaai word.
Talle instellings het maniere gevind om besigheid soos normaal te laat voortgaan, soos die Staatsteater in Pretoria wat onlangs aangekondig het 'n aanlyn-program gaan bekendgestel word wat hul aanbiedinge tydelik sal vervang.
Beplan die NTN iets soortgelyks? As jy op die amptelike webtuiste gaan loer, kom jy op 'n countdown af. “Ons is besig om iets fantasties en opwindend voor te berei. Bly ingeskakel,” lui die belofte onder dié aftelling.
Dit lyk alles baie geheimsinnig, maar die skakelbeampte van die NTN, me. Desiree Mentor, het wel verklap waaroor dit gaan.
“Ons is besig om die webtuiste 'n vars voorkoms te gee. Die NTN sal binnekort 'n nuwe voorkoms hê,” sê Mentor.
Sy sê hulle is beslis van plan om hul aanlyn-teenwoordigheid verder uit te brei. “Ons beplan verskeie opwindende projekte en geleenthede vir diegene wat hul kreatiewe idees wil vlerke gee.”
Sedert die inperking in werking getree het, het die NTN reeds twee aanlyn-projekte aangebied. Een was 'n monoloog-kompetisie waar die wenner met volle toegang tot alle NTN-teaterproduksies weggestap het, asook 'n kompetisie wat plaaslike kunstenaars en kultuurfoendi's aanmoedig om met projekte vorendag te kom wat menseregtekwessies te midde van die pandemie in Namibië aanspreek.
Mentor stem saam dat die plaaslike kunsbedryf beskou kan word as een van dié wat die hardste getref is.
“Dié industrie is deur die pandemie kwesbaar gelaat. Die impak daarvan het die lewensbestaan van kunstenaars in gedrang geplaas. Dit is moeilik om te voorspel wat die toekoms inhou, maar ons kan nie moed verloor nie.
“Nou, meer as ooit, is dit uiters belangrik om plaaslike kunste en kunstenaars te ondersteun en bevorder. Ek stem saam met die persoon wat gesê het die kunste is 'n kernkomponent van 'n gesonde gemeenskap,” het Mentor gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie