Wat in die see beland, beland in jou
Die see roep by ons almal wonderlike beelde van luilekker dae in die son, vars seelug en idilliese strande op.
Ons sal egter hard moet veg om dit so te hou in die lig van toenemende besoedeling, druk op die ekosisteem as gevolg van onoordeelkundige stroping van mariene lewe en veranderende habitat.
Dit was verlede week Nasionale Marieneweek en die Endangered Wildlife Trust (EWT) het opvoedkundige praatjies by skole in Namibië aangebied oor die reis van plastiek van ons riviere na die oseaan om bewustheid van hierdie probleem te skep. Elkeen kan iets doen om ons oseane te red en almal word aangemoedig om betrokke te raak.
Opnames wat op Suid-Afrikaanse strande gemaak is, toon dat die hoeveelheid plastiekafval besig is om toe te neem en dat plastiek meer as 80% van alle rommel wat op strande ingesamel is verteenwoordig.
Van die bedreigings wat deur ons oseane in die gesig gestaar word, sluit oorbenutting en oes, storting van nywerheids- en huishoudelike afval, die oorneem deur indringerspesies, kusontwikkeling en klimaatsverandering in. Een spesifieke vorm van menslike impak, naamlik landgebaseerde mariene besoedeling, hou ’n groot bedreiging vir mariene lewe in.
Bridget Corrigan van EWT het soos volg kommentaar gelewer: “Mariene besoedeling is ’n groot kommer uit ’n biodiversiteit- en ekologiese oogpunt sowel as uit ’n menslike gesondheidsoogpunt. Oseane is nie stortingsterreine en ons kan nie verwatering as ’n oplossing oorweeg nie. Uiteindelik sal ons afval ons inhaal en dit sal dan onmoontlik wees om te ignoreer. Elkeen het ’n rol te speel in die vermindering van die plaag van mariene afval.”
Einde van die ‘verwatering-era’
Die oseane is so enorm en diep dat die opinie tot redelik onlangs bestaan het dat dit nie juis saak maak hoeveel rommel en chemikalieë daarin beland nie, omdat die effek as onbeduidend gesien was.
Voorstanders van afvalstorting in oseane het selfs die uitdrukking “The solution to pollution is dilution” gebruik.
Daar word nou besef hoe kortsigtig die “verwatering”-filosofie was. Baie nasionale sowel as internasionale wette verbied nou die storting van skadelike stowwe in oseane.
Vergiftiging
Organiese besoedelingstowwe soos mikro-plastiek en swaar metale uit nywerheidsafvalstrome word gekonsentreer in roofvisse aan die toppunt van die voedselpiramiede, soos bv. tuna.
Dit is ’n ernstige probleem vir mense wat groot hoeveelhede van die vis eet, want hierdie besoedeling hoop in vet en spierweefsel op.
Plastiek
Chemikalieë wat in plastiek geïnkorporeer is of wat na drywende plastiek aangetrek word, het ’n breë spektrum van giftige, kankervormende en hormoonontwrigtende effekte.
Plastiek word nou op bykans alle Suid-Afrikaanse strande, selfs die mees afgeleë, gevind en navorsers het selfs plastiekafval in die Antarktiese streke gevind. Seeskilpaaie en seevoëls is van die mees geaffekteerde spesies as gevolg van die verlies aan habitat en die feit dat hulle byvangs word. Byvangs vind plaas wanneer vissers per ongeluk ’n ander spesie vang as wat hulle bedoel het om te vang. Seeskilpaaie en seevoëls word ook dikwels verstrik in afval en hulle sluk dit in, met noodlottige gevolge.
Mariene reservate
Die EWT werk oral oor Suidelike-Afrika aan ’n reeks varswater en mariene projekte, insluitend die Oranjeriviermond-rivierdelta, die Wildekus en die Bazaruto Archipelago Mariene Nasionale Park in Mosambiek.
“Slegs as ons globaal dink en plaaslik tot aksie oorgaan, kan ons hoop om die situasie om te keer. ’n Kombinasie van verbeterde wetgewing en ’n groter bewusmaking van ekologiese prosesse is waarskynlik die beste manier om hierdie omgewingsprobleme op te los. Die algemene publiek en die wetenskaplike gemeenskap moet saamwerk en verseker dat regerings en besighede aktief betrokke raak by die bewaring van ons mariene hulpbronne. Dit is sonder twyfel noodsaaklik dat ons kwessies wat ons oseane se biodiversiteit bedreig, soos besoedeling deur plastiekrommel, takel,” het Corrigan gesê.
Mariene reservate word wêreldwyd geskep om ongerepte ekostelsels te handhaaf en daar is al heelwat suksesverhale van geïsoleerde pogings om riviermondings en baaie te herstel.
Bronne:Endangered Wildlife Trust/www.ocean.nationalgeographic.com/ocean/explore/pristine-seas/critical-issues-marine-pollution

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie