Wat is in ‘n naam?
Vindingryke kroegname het Denver Kisting kort voor sonop op die spoor gesit van Windhoek se kleurryke Evelinestraat.
Denver Kisting - Kort voor die son gisteroggend sy bloedige opwagting uit die Ooste maak, kies ek met onbetroubare openbare vervoer koers in die rigting van Windhoek se mees kleurryke straat, Evelinestraat, aan die noordelike buitewyke van die stad.
Die selfopgelegde taak is om die vindingryke kroegname in dié poespas van watergate, haarkappers en motorwasserye in beeld vas te vang.
Dis duidelik dat diegene wat gisteraand – waarskynlik tot kniediep in die nánag – hul dors hier geles het en dié wie se werk dit is om die doppe te skink, waarskynlik nog hul roes aan die afslaap is.
Naas skoolkinders, wat die-moeder-alleen weet hóé te midde van die luide gefuif van drinkebroers saans geswot en geslaap kry, en ‘n paar mense wat oënskynlik wit- en groenboordjiewerk bedags moet doen, gaan daar tussen 06:00 en 07:00 kwalik iets hier aan.
Nietemin, ek was nog altyd diep betower deur nie net die byderwetse kroegname nie, maar ook hul aktuele aard.
Skaars breek ‘n internasionale storie oor ‘n natuurramp in Bangkok, of Tsunami.Com Bar verskyn in daardie geweste as ‘n dorsles-opsie.
Dis mos hoeka wyle oom William Shakespeare wat gevleueld in die ikoniese werk Romeo and Juliet opgemerk het: “Selfs al word ‘n roos iets anders genoem, sal dit (tog) stééds soet ruik.”
Dít was die fraaie Juliet se regverdiging dat afgesien daarvan dat haar Romeo die (familie)naam van hul aartsvyande dra, dit tog geen lewensveranderende verskil behoort te maak nie. Of hoe?
President Hage Geingob, wat die afgelope week met die afskop van die regsjaar gemaan het daar is in die Namibiese kambashu géén plek vir mense wat vroue en kinders karnuffel nie, het tydens sy inhuldigingstoespraak gesê g’n Namibiër mag agterweë gelaat word nie.
Wel, in Evelinestraat blyk dieselfde deuntjie te geld as mens veronderstel Small Boy Bar hou kleinmansindroom teen niemand nie.
Om te wys presies hoe erg ons oor ons susters is, staan My Sister’s Bar swierig haar man tussen die ander in Evelinestraat.
In die Harambee-gees van gelyke regte vir ‘n ieder en ‘n elk en die zebrastelsel wat die regerende party hard probeer toepas (al is ‘n vroulike minister onlangs in die pad gesteek), behoort 50/50 Bar geen beduidende verrassing te wees nie, nè.
Selfs Shi-Boi Local Bar op die hoek van Eveline en Danela het darem seker eerbare bedoelings en het hopelik nie ten doel om transfobie te bevorder nie.
Ek krap steeds kop – en moet dit dalk in ‘n stadium op die proef gaan stel – of die voggies wat by Stage Bar vloei, mens sal help om die vrees van die verhoog in die stof (-strate van Eveline) te laat byt.
Vir diegene van ons wat puntenerig is oor taal dié waarskuwing: Onse Eveline se kroegnaamgewers of -verwers is nie elke taalversorger se mees eksotiese droom nie.
Maar wat weet ék nou? Bluu Bar sal tog nie ‘n navy skakering by almal se Donderdag voeg nie of hoe? Daarnaas kan mens mos maar chill by Chillarz Lounge sou die gees mens sodanig lei . . .
Vir lank was daar geen enkele outomatiese tellermasjien in Evelinestraat te sien nie - ondanks ‘n bewering dat meer harde kontant hier hande verwissel as op enige ander plek in die hoofstad.
Deesdae kan mens darem ‘n ou sentjie by ‘n vulstasie wat redelik onlangs sy opwagting daar gemaak het, gaan trek.
Ek is seker die eienaar(s) kan al die pad Barclays (Bar) toe giggel as hulle sou wou.
Selfs met mense wie se tonge diép in die kieste lê, is daar daar dalk tóg iets in ‘n naam . . .

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie