Wat is in Windhoekers se trollies voor hoktyd?
Inwoners van die hoofstad vertel wat hulle in grootmaat aankoop voor die Khomas- en Erongostreek gehok word:
Jaylee Venter
“Ek dink Namibiërs moet fokus op dit wat hul huishoudings nodig het in plaas van paniekaankope wat tot onetiese gedrag kan lei. In plaas van vars produkte moet ons eerder produkte met 'n langer raklewe koop. Dit is dalk nie so gesond nie, maar dis 'n meer realistiese benadering. Ek moes natuurlik vir myself genoeg grondboontjiebotter ook koop!”
Kayla-Mari Geyer
“Ek is nie so erg gepla met kos nie. My ma sal daarvoor sorg. Ek wil eerder sorg dat ek nie dood verveeld raak nie, so ek wil amper elke bordspeletjie op die rak koop! Mens kan ook net so lank op Instagram rondkrap. Meisies, onthou om seker te maak julle het genoeg sanitêre produkte vir die tyd wat voorlê!”
Suzy Hausiku
“Ek fokus op die basiese benodigdhede. Mieliemeel is 'n móét, en proteïene soos vleis, vis en hoender. Ek wil gebalanseerd eet, so ek sal ook sorg dat ek genoeg groente het. En moenie van sanitasieprodukte soos seep en handreiniger, as dit nog iewers beskikbaar is, vergeet nie!”
Max Perkins (geen foto)
“Ek sal fokus op niebederfbare produkte soos blikkieskos en mieliemeel.”
Vincent Ngumuna Karumendu
“Ek kan nie sonder vleis nie! Blikkieskos is ook nou 'n praktiese aankoop, en beslis genoeg sanitasieprodukte soos seep en tandepasta.”
Kris Labuschagne
“Ek sal eerder bevrore as vars groente koop. Natuurlik genoeg vleis en omtrent 'n week se blikkieskos – vir as die lockdown langer aanhou.”
Ben van der Merwe (geen foto)
“Net genoeg melk, blikkieskos en vleis.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie