Wat is manlikheid?
Iréne-Mari van der Walt
Een ding wat mense van my moet verstaan, is dat ek die ‘superfan’-tipe is.
‘Stalkerfan’ is ek nou nie, maar ek ken al die lede van One Direction se verjaardae en bloedgroepe.
Sedert die ouderdom van 11 is ek obsessief oor dié vyf jongmans en op 20 het nie veel verander nie.
Wat wel verander het, is Harry Styles – ’n lid van One Direction – se modekeuses. In 2011 was hy die babagesigseun met die dimpels en die Jack Wills-sweetpakke. In 2020 is hy die eerste solo- manlike voorbladster vir Vogue in ’n Gucci-aandrok.
Dadelik begin kritiek oor sy manlikheid instroom en meteens wonder ek oor die konsep van manlikheid. Wat is manlikheid? Is daar ’n goedgekeurde lys van manlike eienskappe? Moet mans ’n sekere gewig kan oplig om as ’n man te kwalifiseer?
Manlikheid, dink ek, is ’n maatskaplike konsep en dus ’n eienskap wat elkeen self bepaal; dieselfde met vroulikheid. Vrouens was nie minder vrou toe hulle begin broeke dra het en hakskoene vir iets gemakliker ingeruil het nie.
Ek self, as ’n jong meisie, het kritiek gekry van hoe “manlik” ek was, maar sommige het gemeen ek was die vroulikheid vanself.
Ek dink manlikheid is gemak en selfvertroue; die selfvertroue om te weet jy is steeds ’n man al dra jy vroueklere.
In elk geval is rokke nie geskiedkundig vrouedrag nie. Julius Ceasar in ’n toga? Heelwat manlik. Die Skotte in tradisionele kilts? Manlik. Die oerman in sy leervelle wat halfpad aanmekaar gesit is in ’n eenvoudige vorm wat ’n romp naboots? Manlik, sou ek sê.
Hakskoene? Koning Louis XIV van Engeland het hulle nogal goed laat lyk, as jy my vra.
Die lyn tussen manlik en vroulik bestaan nie, dit is ten volle jou besluit waar jy die lyn trek en of jy dit in die eerste plek wil trek.
“Die lyn tussen die manlike en vroulike geslag raak al hoe dowwer. Deur te sê dat hierdie mansklere en daardie vroueklere is, sluit jy ’n hele wêreld vol wonderlike klere uit,” sê Styles aan Vogue.
’n Man wat blink hemde dra en meer sensitief is teenoor ander se gevoelens, is g’n minder man as die houtkapper in die veld nie.
Kreatiewe koppe en sagte hande laat my as vrou net so veilig voel soos bultende spiere en brullende stemme.
Of jy soos ’n spaghetti gebou is of sterkmankompetisie-materiaal is, wees wie jý is. Jy het iets om te bied. Jy is manlik en jy word waardeer.
Ek dink dit is gevaarlik om te dink bultende spiere is die enigste definisie van manlikheid.
Die feit dat die jong kunstenaar in die familie outomaties minder manlik is as sy boerseun-broer kan beslis jou selfbeeld en selfvertroue verpletter.
Geen man is minder werd omdat hy nie die stereotipiese beeld van tradisionele manlikheid is nie. Al twee verdien liefde en omgee en albei het dit ewe veel nodig.
Daar is vroulike eienskappe in elke man en manlike eienskappe in elke vrou. Waarom moet van ons mans sommer net afgeskryf word omdat hulle eenvoudig net nie in dié boksie pas nie?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie