Wat is ’n goeie onderwyser?
Maria Eiseb - Vandag is Wêreldonderwysersdag. Ter viering van onderwysers met ’n passie vir hul werk, het Republikein by leerlinge uitgevind hoe lyk ’n onderwyser wat sy sout werd is.
Tjipore Kariko
Graad 12
“’n Goeie onderwyser is iemand wat na die leerlinge se menings luister. Iemand wat die werk op die skryfbord neerskryf en nie net uit die handboek sit en voorlees nie. Dit is iemand wat gepla word oor hoekom sommige van die leerlinge swak vaar. Hy/sy moet die kinders nie slegsê nie.”
Godwin Eiseb
Graad 10
“Dit moet iemand wees wat die beste van jou as leerling wil sien. Die onderwysers wat leerlinge motiveer en aanmoedig, is vir my goeie onderwysers.”
Maria Mavara
Graad 6
“’n Goeie onderwyser is iemand wat na die leerlinge luister en hulle verstaan. Dit is iemand met geduld. Iemand wat nie die leerlinge met lyfstraf dissiplineer nie. As ’n leerling iets nie verstaan nie, moet ’n onderwyser behulpsaam wees, so moet ’n goeie onderwyser ook toegewyd wees.”
Rivaldo |Gôagoseb
Graad 11
“Ek dink ’n goeie onderwyser moet leerlinge motiveer, inspireer en nie opgee nie. ’n Goeie onderwyser moet lyfstraf haat en dit nie graag wil uitdeel nie.”
Keelin Jansen
Graad 1
“’n Goeie onderwyser moenie slaan nie, sy moet net met die leerlinge praat en ook saam met hulle speel.”
Roberto Cupido
Graad 10
“Dit is iemand wat die leerlinge motiveer om hul skoolwerk te verbeter en die leerlinge ook riglyne gee. ’n Goeie onderwyser moet ook tyd aan die leerlinge afstaan.”
Rejoice Khairabes
Graad 11
“’n Goeie onderwyser moet iemand wees wat voorbeeldig is en wat ook ’n motivering vir die leerlinge is.”
Anthony Haihambo
Graad 1
“Iemand wat vir ons werk gee om te doen en iemand wat nie lyfstraf gee nie. ’n Goeie onderwyser moenie op die leerlinge skree nie. Ek is bly vir so ’n juffrou.”
Ivy Opperman
Graad 7
“’n Goeie onderwyser is iemand wat bekwaam is, met vaardighede en respek vir die leerlinge. Iemand wat ook ’n voorbeeld vir ons is.”
Antonio Shilyomunu
Graad 6
“’n Goeie onderwyser help die leerlinge met die werk wat hulle nie verstaan nie.”
Tiziana van Wyk
Graad 11
“Iemand wat uit hul pad gaan vir die leerlinge wat die werk nie verstaan nie en wat ook die klas as sy/haar eie kinders behandel.”
Tamara Hambinga
Graad 7
“’n Goeie onderwyser gee om vir die leerlinge. Hy/sy is gewillig om te help en stel ’n voorbeeld vir die leerlinge.”
Paulus Kambata
Graad 11
“’n Goeie onderwyser het uithouvermoë. Hy sal ekstra werk met die leerlinge doen om hulle te help om die werk te verstaan.”
Kozongo Kavazepa
Graad 7
“’n Goeie onderwyser gee vir die leerlinge om. Iemand wat nederig en voorbeeldig is.”
Lewellyn van Wyk
Graad 10
“Dit is iemand wat jou altyd beter leer ken en help as jy dit nodig het. Selfs al is jy stout, preek ’n onderwyser vir jou en help jou reg om die beste van ’n situasie te maak.”
Zabrina Vries
Graad 7
“’n Persoon met goeie vaardighede. Dit moet iemand wees wat die leerlinge soos sy eie kinders behandel. ’n Persoon met goeie waardes is ’n goeie onderwyser vir my.”
Willbard Nangolo
Graad 7
“’n Goeie onderwyser is iemand wat vir die leerlinge omgee en hulle met hul skoolwerk help.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie