Wat is werklik in 27 jaar bereik?
ANONIEM SKRYF:
Die hoofartikel gedateer 3 Julie 2017 ("Moenie meer tou uitrol") is honderd persent in die kol.
Dit is tyd dat die Swapo-regering mans genoeg moet wees om te erken dat die staat bankrot is en dat Swapo as die regerende party na 27 jaar heeltemal in sy doel gefaal het. Swapo moet ook besef dat alle vertroue, in hulle as die bestuurders van die land se sake, daagliks agteruitgaan en so ook dat sakevertroue deur binnelandse en buitelandse beleggers by die dag kwyn.
Na 27 jaar en drie presidente kan Namibië sy kop in skaamte laat sak.
1989 SE MANIFES
Relatief het Namibië 'n sterk ekonomie in vergelyking met baie ander Afrika-state. Swapo het ook bewys dat hy bitter min sekuriteit vir 'n klein bevolking van 2,2 miljoen mense kon verseker.
Sy verkiesingsmanifes van 1989/1990 het groot beloftes aan die bevolking gepropageer: gratis behuising, gratis mediese dienste, gratis onderwys.
Daarvan het min gekom en selfverryking en selfsug was eerder die norm en prioriteit van ons landsleiers.
Swapo wou die land regeer en daardie guns is toegestaan, maar as sake van die afgelope 27 jaar vandag beoordeel moet word, sal ons sien dat daar bitter min pluspunte is. Vinnig word gesê dat die huidige situasie toegeskryf kan word aan die apartheidsera, maar Namibië is agtergelaat met 'n goeie infrastruktuur, paaie, spoorweë, telekommunikasienetwerke en baie meer.
Swapo moes juis hierdie 27 jaar gebruik het om aan die wêreld te bewys hy kan 'n land bestuur, maar ons het meer terugslae as welslae in hierdie tydperk beleef. Dit is ook duidelik te bespeur dat die nuwe generasie moeg is vir leë beloftes, korrupsie, selfverryking, ens. en dat hulle daarom begin het om Swapo aan te vat.
STEMME VAN VERSET
Ongelukkig is Swapo nie oop vir kritiek nie en is die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) as rebelle gebrandmerk. Die AR het duidelike krake binne Swapo uitgewys en daardie krake word daagliks groter.
Hier volg 'n lys van ooglopende korrupsiesake, wanadministrasie en swak finansiële dissipline waarvan weinig opgeklaar is en daardie here loop vandag nog breëbors rond. Miljoene het sedert 1990 verdwyn en geeneen is vandag agter tralies vir daardie verdwene belastinggeld nie. Hoe lank moet die belastingbetaler dit nog duld dat sy/haar geld verwyn en dat niemand rekenskap daarvoor kan gee nie?
IN DIE DOOFPOT
Kom ons lys 'n paar uitsonderlike verlore en mislukte gevalle en dan kan die man op die straat sien hoekom hy/sy gebrandmerk is om swaar te kry:
GIPF-sage: miljoene weg
Avid-sage: miljoene weg
NBC bankrotskap
TransNamib bankrotskap
RCC bankrotskap
SME Bank-skandaal: miljoene weg
Khorab-skandaal: miljoene weg
Plaaslike owerhede: bankrotskap, korrupsie, miljoene weg
NHE-sage
MET se onvermoe om renosterstropery te stop
NAC-sage
Seevisserye se kommerwekkende situasie
Gesondheid en onderwys se kommerwekkende situasies
Nampol diefstal/bedrog met tenders
Algemene tenderbedrog
Unam se finansiële sake
Meatco se politiekery
Hoë misdaadsyfers
Ineenstorting van die konstruksiebedryf
NDP5 benodig N$164 miljard om te slaag
Staatsdiens van by die 100 000 personeellede
37% werkloosheidsyfer.
REG OF WEG
Baie kan waarskynlik nog by hierdie lys gevoeg word, maar wat tans genoem is, behoort Swapo reeds slapelose nagte te gee as die regerende party. Die gemors waarin Namibië en sy mense tans is, sal nie binnekort of baie vinnig opgelos kan word nie.
Vir 27 jaar is min gedoen om beheer en dissipline op bestuursvlak te verseker en die vraag is hoe lank sal dit neem om uit hierdie gemors te kom? Swapo sal ons nie daaruit kan lei nie en ons sal nog lank daarmee moet saamleef.
Namibië kort 'n nuwe beweging wat sekerheid, stabiliteit en finansiële onafhanklikheid kan verseker. Om geld by die Afrikabank te leen, los geen probleme op nie. Die probleme word daagliks net groter.
Die nasie bly trots maar die regering het misluk en gly daagliks verder in sy eie gemors weg.
Daar is winde van verandering en daardie winde waai daagliks sterker en behoort groot kommer by die regering en sy mislukte leiers te skep.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie