u2018Wat jy glo, u00eds jyu2019 u2013 Dirk Mudge
u2018Wat jy glo, u00eds jyu2019 u2013 Dirk Mudge

‘Wat jy glo, ís jy’ – Dirk Mudge

Dani Booysen
Familie het vanoggend by ‘n gedenkdiens in Windhoek formeel die lewe van die oud-politikus, boer en bowenal gesinsman, wyle Dirk Mudge, gevier.
Van die aangrypendste oomblikke was die twee liedere wat deur ‘n koor van 25 leerlinge van die Nakayale Private Akademie gesing is. Hulle en hul onderwysers het al die pad vanaf enkele kilometers suid van die Angolese grens na die hoofstad gereis om vir “Oom Dirk” dankie en totsiens te sê.
Die skool, geleë wes van Ruacana by Etunda, is in 2016 deur die Dirk Mudge Trust voltooi en is geleë in ‘n gebied wat erg gely het in die dae van die grensoorlog.
Ds. Johan Serfontein, wat die diens in die NG Kerk in Eros gelei het, het Mudge beskryf as ‘n groot man wat God maar net aan Namibië geleen het. Volgens hom was die oudstigter van die DTA en die voorgangermaatskappye van Namibia Media Holdings altyd dankbaar vir alles.
Naasteliefde is volgens Serfontein een van Mudge se groot nalatenskappe. “Doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê," het hy gesê.
“Dis nie sy dood wat ons hier bymekaar gebring het nie maar sy lewe,” het Serfontein benadruk.
Dr. Dirk Louw, wat baie na aan Mudge, sy vrou en familie geleef het, het gesê gesprekke en die boekstawing op skrif van hierdie leier en omgeemens sal nie hier doodloop nie.
Mudge se groot voorbeeld vir hom was die vryheid om jouself te wees en die aanvaarding van ander soos hulle is – iets wat ons almal aan elkeen van ons medemense verskuldig is. Louw het Jesus se boodskap beklemtoon dat hy mense wil red en nie veroordeel nie – ‘n parallel wat ‘n mens ook in Dirk Mudge se lewe kon sien.
Hy het met insig en humor van sy en Mudge se gesprekke oor die hemel en die lewe hierna vertel. Tydens ‘n oomblik van insig het Dirk Mudge opgemerk: “Wat jy glo, ís jy.”
Louw se boodskap was geanker in ‘n opskrif by Johannes 8:31: “Wat jy doen, sal wys wie jou vader is.”
(Foto Tanja Bause)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!