Wat kan mens su00ea? Foute word elke dag
Wat kan mens su00ea? Foute word elke dag

Wat kan mens sê? Foute word elke dag

Andrew Poolman
Andrew Poolman – Dis nogal meestal groot vermaak om op sosiale media die vele kommentare onderaan iemand se vraag of stelling te lees. Soos om 'n gesprek af te luister waarby mense van oor die wêreld heen betrokke is.

'n Onlangse een wat my opgeval het, is 'n vrou op Twitter, ene GoldenGateBlond, wat wou weet: “Wat is die ergste ding wat jy by 'n troue gesien het, wat jou laat weet het dié huwelik gaan nie hou nie? Myne was toe die bruid 'n liedjie aan haar bruidegom opdra: Every Breath You Take.”

KK Lena antwoord: “Ek het gesien hoe 'n man sy eie troue met 'n uur vertraag sodat hy sy histeriese moeder kan gerusstel dat hy 'altyd daar sal wees vir haar'. Wow.”

Overeducated: “Met so 'n man sal ek nooit trou nie.”

Mark Cody: “Ek was fotograaf by 'n troue. Op die oomblik toe die predikant vra of enigiemand 'n geldige rede kan wys hoekom die twee nie behoort te trou nie, tref 'n weerligstraal die kerkgebou. Ligte af. Dit het gebeur – ek het dit opgeneem. Dit was baie snaaks, maar nie 'n enkele persoon in die kerk het gelag nie.”

RubyTuesday: “Dit was my eie troue. By die kleedrepetisie die vorige aand bedien ons 'n ete en grappenderwys sê ek vir almal aan tafel dat ek my nooiensvan gaan behou. Waarop my aanstaande man dadelik afhaak: Oor my dooie liggaam.”

“My vriendin en bruidsmeisie het gemompel: Ons kan dit reël.

“Het ek gesê aanstaande man? Jy kan sê aanstaande eksman. Ek het flitsbatterye wat langer as hy gehou het.”

Jonathan Slater: “My beste was 'n troue waar die bruidegom se familie almal rooi MAGA-pette gedra het en die bruid se familie almal reënboogvlaggies in die hand gehad het.

GoldenGateBlond: “Ek het soveel vrae.”

Glacial Erratic: “Enige geleentheid waar die pasgetroudes troukoek in mekaar se gesigte druk, gee my 'n onrusbarende gevoel. En hoe duurder die troue, die troueringe, die trourok, die verlowingspartytjie, die hennepartytjie – hoe meer belangrik lyk al dié dinge eerder as die verbintenis tussen die paartjie. Veral nog as hulle in hul vroeë twintigs is.”

Viva Las Bori van Puerto Rico: “Die bruidegom het 'n enkelband gedra wat (deur sweet) sy alkohol-inhoud monitor, as deel van sy paroolvoorwaardes in 'n saak van dronkbestuur. Hy het hom by die troue te buite gegaan aan drank en is in hegtenis geneem. Hy het sy trounag in die tronk deurgebring en is binne drie jaar geskei, maar nie voordat hy sy vrou in 'n tikverslawing ingelei het nie. Haar ouers moes tussenbeide tree. Hy is 'n jaar later in 'n ongeluk dood toe hy dronkbestuur het. Die vrou is darem nou oukei.”

Torties Rule: “My beste vriendin se skoonpa het voor die troue seker 150 keer vir haar gesê sy kan nog steeds kop uittrek. Terwyl sy in haar trourok na die kansel stap, fluister hy in haar oor dis nog nie te laat om die troue te stop nie. Die bruidegom se pa het geweet van sy driedubbele lewe – met drie gesinne op verskillende plekke in Amerika. Sy is twee jaar later geskei.”

John Brownlow: “Die nuwe bruid het identies soos die vorige bruid gelyk, net jonger.”

KVA: “Ek was by 'n troue in 'n super-hoogheilige gemeenskap wat deur 'n geweldige swerm bye aangeval is. Honderde opgevoede mense, netjies aangetrek, wat op en af spring en vierlettervloekwoorde skree.”

Jeffpeckham: “Die ergste ding wat ek ooit by 'n troue gesien het? Toe my verloofde inderdaad opdaag. Ek het haar gesê ek doen dit alles net vir die paartie en die persente, maar nog steeds daag sy op. Ses-en-dertig jaar later van sy nog nie die skimp nie. Jirre, ek is lief vir daai vrou.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!