Wat kan nu00f3g gesteel word?
Wat kan nu00f3g gesteel word?

Wat kan nóg gesteel word?

[email protected]
Sanet de Waal
Gerine Hoff

Diefstal is oral ’n probleem, maar een van die vreemdste goed wat – in my mening – deesdae gesteel word, is motors se katalitiese omsetters.

Google dit vinnig en jy sal agterkom dit is ’n wêreldwye probleem. Ek het nog nie gehoor dat dit hier by ons gebeur nie, en ek hoop nie ek gee diewe idees nie, maar lyk my dis ’n probleem wat al hoe groter word.

Vroeër hierdie week het die polisie in Australië bestuurders aangemoedig om hul motors te beskerm aangesien diewe die omsetters – wat help om uitlaatgasse te verlaag – teiken te midde van ’n styging in die prys van die edelmetale waaruit dit bestaan. En dis juis dié edelmetale wat die diewe soek, omdat die katalitiese omsetters redelike hoeveelhede edelmetale soos platinum en palladium bevat, waarvan die pryse vanjaar rekordhoogtes bereik het.

Volgens Reuters het die prys van platinum met 38% gestyg en dit staan tans op US$1 173 per ons, terwyl palladium met 43% gestyg het en nou US$2 758 per ons is. Daarmee saam het rodium vroeër vanjaar ’n rekordhoogtepunt behaal en het dit sedert Maart 2020 met meer as 200% in waarde gestyg.

So, jy kan jouself seker voorstel hoekom dié spesifieke stukkie van jou motor so waardevol is.

Volgens nuusberigte teiken diewe nou veral die Verenigde Koninkryk, Amerika en Australië na erge inperkings ons liewe bure, Suid-Afrika, getref het. Want sien, ons bure was een van die belangrikste bronne van (gesteelde) katalitiese omsetters, maar omdat uitvoere redelik gebriek is met die inperkings wat verlede jaar al begin het, moes diewe ander teikens vind.

En dit word toe die res van die wêreld!

Volgens die Metropolitaanse polisie in Londen het hierdie soort diefstal bande met internasionale kriminele netwerke en het hulle in Maart, met meer as 500 polisiebeamptes wat hand bygesit het, ’n georganiseerde misdaadnetwerk geteiken en is 15 mense weens die diefstal van katalitiese omsetters in hegtenis geneem. Mens sou dink daar moes eintlik meer mense gevang gewees het.

Nou ja, terwyl mense in liewe Suid-Afrika dink diefstal is alledaags, is dit vir mense in ander wêrelddele’n groot skok.

In Engeland staan baie motors oornag buite, dus is dit ’n sagte teiken. In een berig op BBC, sê ’n slagoffer ’n hele straatblok se motors is in ’n enkele nag beroof.

Edmund King, president van Outomobiel Assosiasie in Engeland, sê dié misdaad raak al hoe meer algemeen, tot groot ergernis van die slagoffers. Hy het gesê diewe fokus veral op plekke waar motors geparkeer staan, soos by inkoopsentrums, maar ook by hospitale en ’n krematorium.

“Hulle het selfs die vermetelheid gehad om katalitiese omsetters by ’n tronk se parkeerterrein te steel,” het hy gesê.

En as jy gedink het dit kan nie te veel skade aanrig as jou katalitiese omsetter gesteel word nie, dink weer: Dis nie net ’n vreeslike lawaai wat jou motor maak as dit weg is nie; die skade kan só erg wees dat versekeraars soms die motor heeltemal moet afskryf.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!