Wat kos al die staatsbegrafnisse?
Wat kos al die staatsbegrafnisse?

Wat kos al die staatsbegrafnisse?

Dani Booysen
NASIONALE WAGHOND, BAB, SKRYF:

Geliewe redakteur, laat my toe om weereens my sieningswyse aangaande die bovermelde onderwerp te lig.

Namibië tydens onafhanklikheid, 31 jaar gelede, was glad nie 'n arm land nie. Ons het genoeg bronne gehad of is met genoegsame bronne afgegee.

Die enigste probleem was dat ons in die hande van 'n honger, arm leierskap toevertrou was. Gevolglik was selfverryking en geldverduistering ensovoorts die nuwe norm van finansiële onordelikheid en geldverduistering wat ernstige nagevolge vir die gewone ou op die straat ingehou het.

Dit alles het veroorsaak of het daartoe gelei dat die arm man armer geword het, hoë werkloosheidsyfer en hoë kriminele syfers wat onder andere gewapende roof insluit.

Ek wil graag hê iemand moet my mooi die konsepte van "staatsbegrafnisse", "nasionale heldestatus" en "veteranestatusbegrafnisse" ens. verduidelik.

Ek wil weet uit watter fondse wat uit watter ministerie se begroting kom, word al hierdie begrafnisse gefinansier? Daarbewens, is die tyd ryp vir daardie klas vermorsing van belastingbetalers se geld?

Kyk net oor die afgelope drie tot vier weke hoeveel voormalige kabinetsministers, voormalige parlementslede, hoofmanne ensovoorts is oorlede en hoeveel kan nog in die onvoorspelbare nabye toekoms tot sterwe kom?

Weereens, kan iemand vir my net rowwe sommetjies maak van een staatsbegrafnis of somme van vier (4) sulke begrafnisse ten midde van 'n dreigende, onsigbare vyand, die Covid-19-pandemie, waaroor niemand maar niemand weet vir hoe lank dit kom kuier het of sal voortduur nie.

Sou dit nie beter was om al daardie begrafnisgeld bymekaar te sit en meer inentingstowwe aan te koop nie vir diegene wat wat belangstel om die spuit te vat?

Nietemin, ek weet dis soms baie moeilik om die streep te trek, as jy eers een keer verkeerd begin het of met iets verkeerd afgeskop het.

So, die regering staan nou by die kruispad tussen mense se lewens en die toekening van daardie statusse. Die familielede hou nie veel van staatsbegrafnisse nie, omdat hulle voel hulle word te veel rondgesit en hulle word nie genoegsame geleentheid gegun om te ween ingevolge hulle tradisies, kultuur en norme nie.

Myns insiens kan al daardie bovermelde hoogwaardigheidsbekleërs hulle eie begrafnisse bekostig.

Kyk net na die omstandighede in die staatslykhuise waar die oorskotte van onse geliefdes soos sardyne opgestapel word.

Geen wonder as jy nie die oorskoot van jou geliefde op die dag van sy beplande begrafnisdag kry nie, jy nie verbaas moet wees as jy nog 'n verkeerde lyk kry nie.

Ek sal daarom voorstel dat die naasbestaandes toegelaat word om die oorskotte voor hulle identifiseer of dat die begrafnisondernemers dit afteken. Die oorskotte moet besigtig en geverifieer word om 100 persent seker te maak dat hulle wel die regte oorskoot ontvang.

Ek wil nie graag te diep ingaan op die onlangse, bittere ondervinding op die nedersetting Neu-Haribes in die Hardapstreek nie, aangesien ek nie die regte persoon is om veel daaromtrent uit te brei nie.

Jy het klaar skielik jou geliefde aan Covid-19 verloor en om daarna sulke goed te ondervind, grens aan onmenslikheid. Dit is onnoembaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!