Wat kos die regstryd teen LED-ligte?
DAVE VILJOEN SKRYF:
Ek sit nou en lees van die stadsraad wat met onmenslikhede besig is, maar wat my verstand te bowe gaan, is dat terwyl ek in sake oor LED-ligte getuig om aan beamptes te bewys die ligte is wel wettig, was daar nou 'n geval waar, terwyl ek deur die inspekteur-generaal uitgenooi was om op 11 Julie 2018 'n voorlegging aan Nampol oor die lampe te maak, daar ook 'n privaat advokaat ingestap, kommentaar gelewer en advies aan die mense aangebied het om nie meer vir die lampe aan te kla nie, maar om die voertuie se gebruik summier op te skort.
Op 12 Julie 2018 moes ek weer in die hof getuig, en wie daag daar op? Dieselfde advokaat.
Hy vergader met die beamptes en staatsaanklaer, deel fotostate van “Priciples of Evidence” uit en sit ook in op die hofsaak. Die saak is uitgestel tot 13 en 14 September 2018.
Die ministerie van justisie het staatsadvokate wat net so bevoeg is om raad en bystand te lewer in enige saak. My vraag is wie het die advokaat aangestel en wie is verantwoordelik vir sy rekening?
Dit lyk of die stadspolisie die advokaat aangestel het, en dit vir 'n doodgewone verkeerskaartjie. Dit is onaanvaarbaar vir enige regdenkende mens, terwyl die stadspolisie hulle eie regsverteenwoordiger het. Waarom moet daar na die privaat sektor gehardloop word om die aanklaer van raad te voorsien?
Dit is 'n bewys van die vertroue wat die stadspolisie in die ministerie van justisie het en so ook in hulle eie bevoegdheid in hofsake.
Staatsaanklaers is bevoeg om enige sake te hanteer, en is ons toekomstige privaat regslui.
Dit het hoog tyd geword dat die stadspolisie teruggeplaas word onder die vaandel van die Namibiese polisie.
Agbare Nico Smit, baie dankie dat u die kan wurms oopgemaak het. Stel 'n ondersoekspan aan om onbillike praktyke in die stadspolisie te ondersoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie