Wat lu00ea vanjaar vir die vleisbedryf voor?
Wat lu00ea vanjaar vir die vleisbedryf voor?

Wat lê vanjaar vir die vleisbedryf voor?

Ronelle Rademeyer
Paul Strydom, hoofbestuurder van die Vleisraad - Die jaar 2014 het begin met welverdiende rëenneerslae vir sekere dele van Namibë, hoewel heelwat gebiede nog nie naastenby daarop kan aanspraak maak dat die droogte van 2013 gebreek is nie. Met die begin van elke jaar is dit wenslik om die vorige jaar se uidagings in oënskou te neem en die prioriteite vir die nuwe jaar te bepaal. Die volgende is ’n opsomming van moontlike prioriteite vir die res van 2014.


Vleisuitvoere na die Europese Unie
Die belangrikste uitdaging vir die Namibiese vleisbedryf is voortgesette beesvleisuitvoere na die Europese Unie as deel van die Suider- Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-Europese Unie Ekonomiese Vennootskapooreenkoms (EPA). Die finalisering van die ooreenkoms sal toelaat dat beesvleisuitvoere na die Europese Unie (EU) kwota- en tarief plaasvind met die gevolglike finansiële voordele vir Namibiese uitvoerders en beesvleisprodusente. In terme van beesvleisuitvoere na die EU is daar geen uitstaande kwessies oor die onderhandelinge nie. Maar aangesien Suid-Afrika deel geword het van die SADC-EU-EPA onderhandelinge en vir meer voordele as hul bestaande Tegniese en Ontwikkelingsamewerkingsooreenkoms (TDCA) wil onderhandel, is die vordering vir die afhandeling van die SADC-EU-EPA stadig en gevolglik frusterend. Sou die onderhandelinge nie slaag nie, sal Namibia uitermate hoë tariewe moet betaal wat beesvleisuitvoere beduidend gaan inkort. Die Vleisraad saam met die direktoraat veeartsenydiense en beesvleisuitvoerders is op ‘n konstante basis besig met die soek na alternatiewe markte sou die ondertekening van die ooreenkoms nie op die finale teikendatum van 1 Oktober 2014 plaasvind nie. In dié verband is die direktoraat veeartsenydienste in ‘n proses om vir veeartsenykundige toegang tot markte binne die Verenigde State van Amerika, Rusland, China, en Hongkong te onderhandel, maar tot dusver is geen lonende alternatiewelike mark soos die EU vir Namibië beskikbaar nie.
Dieregesondheid noord van die Rooilyn
Die tweede belangrikste uitdaging vir die Namibiese vleisbedryf is die verbetering van die dieregesondheidstatus noord van die veterinêre kordonheining (Rooilyn). Die dieregesondheidstatus is dié belangrikste voorvereiste vir enige vleisuitvoere na enige lonende mark. Selfs lande met ‘n swakker dieregesondheidstatus dring aan dat vleis wat ingevoer word, se oorsprong is van ‘n land of gebied met ‘n vry verklaarde dieresiekte gesondheidstatus. Die gebied noord van die veterinêre kordonheining is geen uitsondering. Om beter markte vir beesvleis wat noord in kommunale gebiede geproduseer word te beding, moet ten minste ‘n internasionaal erkende dieregesondheidstatus aan die NCA gekoppel word. Nog beter, daar moet probeer word om die dieregesondheidstatus gelyk aan suid van die VCF te bring. Die direktoraat veeartsenydienste is met behulp van finansiële ondersteuining van die Millenniumuitdaagrekening (MCA) besig om ‘n lêer saam te stel en voor te lê aan die Internasionale Dieregesondheidsorganisasie om die dieregesondheidstatus van die NCA te verbeter. Met ‘n verbeterde status is dit moontlik om beter, lonende markte vir beesvleis vanaf noord van die veterinere heining te beding. Die Vleisraad lewer hier ‘n ondersteunende rol aan DVS ten opsigte van die administrasie van die projek.


Nuwe reëls vir uitvoere na SA
Suid-Afrika het begin Desember 2013 nuwe voorwaardes vir die sertifisering van lewendehawe-uitvoere van Namibië na Suid-Afrika ingestel. Sou hierdie voorwaardes soos voorgestel op 1 Mei 2014 geïmplementeer word, gaan dit ‘n daadwerklike beperking op lewendehawe-uitvoere na Suid-Afrika vir die onmiddellike tydperk teweegbring. Hierdie voorwaardes behels onder meer die vereistes dat lewendehawe vanaf ‘n OIE verklaarde longsiektevry gebied (CBPP) kom; die toets van alle diere wat uitgevoer word en dié se kuddes op ‘n individuele basis vir sekere siektes; asook die isolering van diere in kwarantyngeriewe vóór uitvoer. Die Namibiese direktoraat veeartsenydienste is tans in onderhandeling met die Suid-Afrikaanse veeartsenydienste oor die vrystelling van sekere voorwaardes. Die rede is aangesien van die siektes waarvoor getoets word, nooit in Namibië se bek-en-klou-seer siektevrysone voorgekom het nie en selfs wêreldwyd redelik onbekende siektes is. Die Vleisraad het ‘n kostebepaling van die nuwe voorwaardes/vereistes gedoen wat neerkom op ‘n uitermate hoë finansiële las op die boer en uitvoerder.


Been-in lamvleisuitvoere na die EU
Been-in lamvleisuitvoere is reeds ‘n geruime tyd op die agenda van die Vleisraad en die vleisbedryf aangesien been-in lamvleisuitvoere na die Europese Unie ‘n wesenlike finansiële voordeel vir die Namibiese skaapbedryf kan inhou. Die Vleisraad het intussen met die hulp van verskeie kundiges op die gebied en in samewerking met die direktoraat veeartsenydienste, ‘n lêer vir been-in lamvleisuitvoere na die EU opgestel. Dit is aan die minister van landbou, water en bosbou oorhandig vir voorlegging aan die EU se voedsel- en veeartsenykantoor. Gesprekke en briefwisseling tussen dié EU se kantoor en die direktoraat veeartsenydienste is aan die gang, met die Vleisraad wat die proses monitor.


Gesamentlike visie van die vleisbedryf
Die Vleisraad het die afgelope twee jaar met ondersteuning van en bydraes tot die totale bedryf ‘n dokument opgestel om ‘n gesamentlike visie vir die vleisbedryf te bepaal. Gedurende 2014 sal begin word om die implementering van die gesamentlike visie te fasiliteer. Dié visie het ten doel om alle rolspelers, waaronder die ministerie van landbou, water en bosbou, ministerie van handel en nywerheid, abattoirs, produsente, prosesseerders en uitvoerders in die Namibiese vleisbedryf, te laat saamstaan ter bereiking van een doel en dit is om die Namibiese vleisbedryf ekonomies te laat groei.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!