Wat landbou by die Springbokke kan leer
Leierskap, spanwerk onder oënskou
Dr. Kobus Laubscher - Ongeag erkenning van die belangrikheid van die landbousektor in die heropbou en stimulering van die ekonomie, kan mens wonder hoekom dié erkenning afwesig is wanneer dit by die toewysing van fondse kom.
Dieselfde geld die implementering van noodmaatreëls tydens rampe.
Sprekende voorbeelde is die toewysing en uitbetaling van droogtehulp in Suid-Afrika se onlangse mediumtermynbegroting.
Mens kan aanneem die saak geniet aandag op die hoogste vlak, maar die fiskale ruimtes van die regerings betrokke het sóveel ingekrimp dat min diskresionêre toewysings moontlik is.
Die betrokke regerings verkeer in ’n “drukgang” wat besteding betref, en op maatskaplike vlak is die nood so groot dat dit die geld gewoon insluk.
Dit bly ’n lekker spekulasie-oefening om te dink wat die Suid-Afrikaanse landbousektor sou kon vermag met slegs ’n deeltjie van die geld wat die Suid-Afrikaanse Lugdiens ontvang het.
Die landbousektor bly hoofsaaklik op homself aangewese. Dit word ook algemeen aanvaar dat indien landbou nie vir homself sorg nie, die land nog slegter daaraan toe sou wees.
Die minister van finansies verwys na die belangrikheid van behoorlike voorbereiding om te kan groei en vind boerdery gepas.
Boere moet hul lande voorberei om die waarde van reën te ontsluit.
Dieselfde geld die Suid-Afrikaanse ekonomie, net jammer landbou se rol hierin is weggelaat.
Op ’n positiewe noot kan mens seker aanvoer die regering vertrou landbou en maak só staat op wat die sektor kan vermag, dat hy eerder fokus op sektore waar selfhelp-kapasiteit ontbreek.
LESSE
Hierin lê waarde – veral indien die wen van die Wêreldbekerrugby ter sprake kom.
Die Springbokke het uitstekend in hul doel geslaag, naamlik om deur hul deelname aan die wêreldbeker uiteindelik hoop vir alle mense in die land te bring.
Bykans elke speler kan getuig van taai en uitdagende omstandighede in die aanloop tot 2 November, maar hoe een strewe hulle verenig het.
Landbou het eweneens ’n geskiedenis van verdeeldheid as dit kom by ware verteenwoordiging. Onlangse gebeure en die werklikheid van gebrekkige en konkrete steun van die regering het spanwerk onafwendbaar gemaak.
Die landbousektor is uiteenlopend en spelers kom uit verskillende agtergronde.
Tog is dit ook verenig in terme van sy doel, naamlik volhoubare kosvoorsiening.
SPANWERK
Goeie spanwerk vir die landbousektor kan op die volgende riglyne gegrond word: Sukses gaan oor klein dingetjies.
Kyk byvoorbeeld na hoe Rassie Erasmus dié klein dingetjies by die Springbokke, soos deelname in sosiale media, reggestel het sodat op die groter saak gefokus kan word. Groot- en kleinboere is nou meer deelgenote.
Tweedens word op die proses eerder as die uitkoms gefokus.
Deur nie op wen te fokus nie het sleutelkwessies soos die span se karakter, daaglikse vordering en onselfsugtige spanwerk aandag geniet.
Rassie het dit onomwonde gestel daar is geen oornagsukses nie.
Die meerderheid boere het dienooreenkomstig ingekoop deur verkose leiers ruimte te gee om belangrike kwessies met groter oorleg te pak.
Onselfsugtige spanwerk is as beste teenvoeter bewys, want ’n spanlid wat die span sterker maak, is veel meer werd as die sogenaamde sterk speler.
In nederigheid lê krag. Nederige mense dink nie minder van hulself nie, hulle dink net minder oor hulself.
Daar is al hoe duideliker bewys van die deurvloei van werklike leierskap in landbougeledere.
Leiers is meer bewus van hul integriteit en karakter as van hul reputasie, omdat laasgenoemde grootliks te make het met wat ander van jou dink.
Met hierdie benadering is die nalatenskap prysenswaardig – dit bly lewend omdat ander dit nastreef.
Landbou is dus op pad om die ekonomiese wêreldbeker te wen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie