Wat my ouers my oor liefde geleer het
My ouers vier dié komende Woensdag hul silver anniversary. Dit wil sê hulle is reeds 'n kwarteeu getroud. Vir mý, 'n chroniese enkellopende, is 25 jaar 'n leeftyd om aan een persoon lojaal te bly. Ek glo min huwelike haal die vyf jaar-mylpaal, wat nog te sê 25 jaar.
Om vir 'n kwarteeu lank met iemand se grille en geite opgeskeep te sit, kan nie altyd maklik wees nie. As jy instem om die res van jou lewe saam met een persoon deur te bring, moet jy hulle maar aanvaar soos hulle is.
As vrou moet jy maar daarmee vrede maak dat hy dalk vuil sokkies op die vloer gaan los, die hele inhoud van sy gereedskapkas in die kombuis gaan laat rondlê, twee ure lank op die toilet gaan sit en dalk met blomkool in plaas van broccoli by die huis gaan opdaag na jy hom winkel toe gestuur het (“Is blomkool dan nie net die Afrikaanse naam vir broccoli nie?”).
As man moet jy aanvaar dat vroulief soms drie ure gaan vat om reg te maak, jou bestuursvermoë gaan kritiseer, al die spasie in die kaste gaan steel en haar hare in die stort, op die vloer en in die bed gaan los. Wanneer julle voor die kansel staan, belowe jy om jou byna-eggenoot “in sickness and in health” lief te hê. Daardie sickness verwys nie net na 'n maagvirus of atleetvoet nie, maar ook na jou wederhelf se onvolmaakthede.
Ten spyte van dié troupyne, is daar ook die oomblikke wat jy vir niks anders sal verruil nie. Julle eerste plekkie saam en die geboorte van jul eerste kind (jammer boetie, ek wen dié rondte). Volgens my is dit baie spesiaal wanneer jy só gemaklik is met iemand dat jy bereid is om die deur oop te los wanneer jy piepie. In die dating game maak jy dubbeld seker die deur is gesluit en jy draai al die krane in die badkamer oop, want jou biologiese funksies is net só 'n verleentheid.
In 'n huweliksmaat kry jy iemand wat jou sonder grimering mag sien en nie sal omgee as jy sukkel om die vakansievetjies af te skud nie. Dit gaan oor kompromie, dít is wat ek by my ouers geleer het.
Ek glo nie noodwendig in die konsep van sielsgenote nie. Daar is nie net een persoon vir almal nie, en vir sommige mense is daar dalk nié 'n persoon nie. Jy trou nie met die enigste mens vir jou nie, maar wel met die regte persoon vir jou.
Ek het myself vroeër as 'n chroniese enkellopende beskryf. Ek was nie besig om melodramaties te wees nie. My liefdeslewe kan met 'n Shakespeariaanse tragedie meeding. Party sal sê ek is te kieskeurig, en daarmee kan ek nie stry nie. Ek dink egter die werklike rede is die hoë standaard wat my ouers se huwelik vir my gestel het.
Ek verwag niks minder vir myself nie, al beteken dit ek ontmoet eers my persoon op 50, wanneer my eierstokke klaar geroes het en sekere dele redelik suidwaarts geskuif het.
Mamma, Pappa, baie geluk met die besondere mylpaal. Mag die volgende 25 jaar ewe spesiaal wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie