Wat niemand jou sê van grootword nie
Van kleintyd af word jy gevra wat jy eendag as jy groot is wil wees. Jy droom van onafhanklikheid, jou eie geld, die perfekte uitrusting kies vir elke dag, jou eie baas wees en om die grootmens in die vertrek te kan wees.
Jy verstaan nie hoekom grootmense so kla nie, want wat kan nou beter wees as hierdie grootmenslewe waarvan jy droom?
Kom ons wees eerlik, grootword is nie vir sissies nie, en dit is regtig nie altyd wat jy gehoop het dit sal wees nie.
Jy droom van jou eerste salaris, maar payday is niks meer as ’n klug nie. Jy kry slegs ’n gedeelte van jou geld, want elkeen vat wat hom toekom. Meneer Belasting eis sy pond vleis sonder om te blik of te bloos.
Dan begin jy jou huurgeld, water en elektrisiteit, rekeninge en dies meer betaal. Die skamele bedraggie wat oor is, moet jy op een of ander kreatiewe manier rek sodat jy jou kruideniersware kan koop.
Hierdie “kruideniersware” is eintlik net glorified 2 minute noodles wat regtig nie net twee minute neem om gaar te word nie. As jy nou so ’n ekstra geldjie het, dan bederf jy jouself met ’n lekseltjie kaas om dinge net so ’n bietjie meer opwindend te maak.
Dan is daar die opwindende keuse van wat jy wil aantrek.
Jy weet jou lewe gaan soveel makliker wees as jy net die aand voor die tyd jou klerekas uitsorteer, maar dan is jy emosioneel en fisiek gedreineer en uitgeput. Dan staar jy verwese na jou klerekas en probeer dink hoe jy die twee toppies en drie broeke in jou besit so skeppend moontlik gaan kombineer sodat jy jou kollegas kan flous om te dink jy het ’n uitrusting vir elke dag.
Op universiteit het jy die stamina van ’n stoetbul gehad, want jy kon oorleef op slegs twee ure se slaap en kon dit steeds regkry om betyds te wees vir jou 08:00 klas. Jy het saam met vriende gekuier, jou werk afgehandel, koshuisgeleenthede bygewoon en so bietjie van alles gedoen, en dit het gevoel of jy nog genoeg energie oor het om dit alles weer te doen.
Sodra jy begin werk, is dit of hierdie stamina sy tassies pak en homself uit die voete maak. Enigiets minder as agt ure se slaap gooi jou hele stelsel deurmekaar. Jy is naar, moeg, hartseer, kwaad, geïrriteerd, emosioneel, afgestomp, honger en voel sommer koorsig terselfdertyd.
Dan is daar die gevreesde woord, “tannie”, wat jou soos een of ander ongewenste reuk orals volg.
In jou hart is jy nog ’n kind, maar duidelik word hierdie gevoel nie in jou uiterlike weerspieël nie. Jy word ’n 23-jarige tannie. En jy probeer jou bes om te verduidelik jy is nie ’n tannie nie, maar dit help niks, want as jy jou weer kry, sê die matriekseun vir jou “tannie” en wil jy net in jou hande huil.
So, Mamma ek is jammer as ek gelag het as iemand Mamma tannie noem, want dit is regtig nie ’n aangename gevoel nie.
Die dae van Mamma bel en vra sy moet vir my ’n afspraak by die dokter of oogarts of sielkundige maak, is verby. Ek kry steeds ’n angsaanval as ek dink ek moet self hierdie oproepe maak, want ek is mos nou mooi groot (wat nóg ’n uitdrukking is wat ek heeltemal te veel hoor).
In ’n krisissituasie soek ek na die grootmens in die vertrek om te help, maar besef baie vinnig ék is die grootmens en eintlik weet ek nie wat om te doen nie.
My raad aan die jongmense van vandag is om jou jeug te geniet terwyl jy kan. Die tyd is te min om te stres oor kleinighede, want jou jeug is iets wat jy nie kan terugkry nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie