Wat saadkopers moet onthou
Wat saadkopers moet onthou

Wat saadkopers moet onthou

Sukses berus op talle faktore
Ellanie Smit
Ellanie Smit – Saad is ’n noodsaaklike insethulpbron wat boere moet aanskaf om gewasse suksesvol te verbou.

Agribank se tegniese raadgewer vir gewasse en pluimvee, Hanks Saisai, sê wanneer ’n mens saad koop, is daar sleuteloorwegings wat in gedagte gehou moet word.

Volgens hom is die kultivar van die spesifieke gewas wat jy beoog om te verbou die eerste faktor wat ’n mens in ag moet neem.

“Per definisie is ’n kultivar ’n soort plant wat mense gekweek het vir gewenste eienskappe. Dit word in elke nuwe generasie gereproduseer deur metodes soos enting, weefselkultuur of saadproduksie wat noukeurig bestuur is.”

As ’n boer byvoorbeeld kies om mielies te verbou, is verskeie kultivars op die mark om van te kies.

“Vir dié doeleinde word die boere altyd aangeraai om ’n mieliekultivar te koop wat by hul plaaslike weerstoestande pas. Sulke toestande wissel van sporadiese reënval, droogte en soms bewolkte toestande wat ’n beduidende uitwerking op die groeitempo van gewasse kan hê.”

SAAI

Tweedens sê hy ’n saaiboer moet die belangrikheid begryp om te weet wanneer die regte seisoen is waarin die saad gesaai moet word om optimale ontkieming te kry.

Hy sê die derde aspek wat in ag geneem moet word (ook agterop die meeste saadpakkies aangedui), is die ideale groeitoestand vir die spesifieke kultivar.

“Die meeste saadpakkies sal aandui of hulle direk onder volle sonlig, halfskadu of onder skadunettoestande gekweek moet word vir goeie groeitempo.”

’n Vierde punt om te oorweeg, is die saaimetode wat ’n boer sal gebruik om te verseker die sade ontkiem tot saailinge wat tot volwasse gewasse sal groei.

Saad kan in saadbakke gesaai word en later in saadbeddings oorgeplant word, of direk in die beddings tot oestyd aanbreek.

Nog ’n oorweging is die spasiëring wat vir die verbouing van gewasse aanbeveel word. Tesame met die afmetings van spasiëring moet ’n mens weet wat die aanbevole saaidiepte vir elke gewas is, sê Saisai.

BESPROEIING

“Verder moet jy onthou nadat jy gesaai het, is dit belangrik om die saailand of saadbeddings klam te hou deur daaglikse besproeiing.”

Die boer moet ook weet die saad sal ontkiem nadat dit gesaai is en ná sewe tot 14 dae opkom, soos aangedui op die meeste saadpakke.

Ten slotte sê Saisai ’n boer wat gewasse verbou, moet die belangrikheid van die groeitydperk in gedagte hou; dit word op die saadpak aangedui.

“Sukses met gewasproduksie berus op talle faktore. Uit ’n bestuursoogpunt moet ’n boer egter vertroud wees met die verskillende oorwegings wat vanaf die begin van elke groeiseisoen tot die oesstadium in ag geneem moet word om suksesvol in hul gewasonderneming te wees.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!