Wat toe bly, bly heel
Met die indraai by die parkeerterrein is die eerste tekens baie dikwels en baie duidelik daar dat ek eerder in die bed moes gebly het.
Of ’n baie duur klerewinkel se rekening eerder met die elektroniese opsie van my voos bankrekening betaal het. Eerder my inkopielysie van ’n gewilde kettingwinkel se Thai-kerrieroerbraai en Portugese broodjies, tandepasta, toiletpapier, tamatiesous, skottelgoedseep, hondekos, geblikte driebone en pakkie gemengde sopmengsel per e-pos aan die persoonlike "shopper" aan die ander kant van die brief gestuur het met die opdrag waar dit afgelewermoet word.
My beweegrede om eerder die moeilike "mall"-roete te gaan, is baie eenvoudig. Nie omdat ek wil nie. Ek en tegnologie het mekaar eenvoudig nog nie kon vind nie. (Reken ek wil nie gevind word nie, maar dis ’n skrywe vir ’n ander dag.) Die feit dat daar glo ’n toep op my selfoon is wat beduie presies waar ek my op ’n gegewe oomblik bevind, waar ek en myne en ons s’n bly en dit die wye wêreld in basuin, maak my ooglede aanmekaar klou van sweet en my ore kort agter die aambeeld en die stiebeuel onaards jeuk. Om nie te praat van my aanlynprofiel wat verklap wat is die gewildste items in my kruidenierskas en wat my voorkeurparfuum en gunsteling handelsmerk vir onderklere is nie.
Nee. Wat toe bly, bly heel, het oupa Lag van vroeg af al gewaarsku. En ’n vrou moet geheimsinnig wees, het ouma Vlam gemaan. Dus, koebaai aanlyn, hallo in lyn voor die kaartjiemasjien wat met die druk van ’n knoppie 'n kaartjie spoeg. Druk die knoppie. Niks. Leun later driekwartlyf die venster uit om met meer krag die knoppie te druk. Niks. Drie motors agter my. Agter hulle drie(honderd) taxi’s wat toeter en skuur-skuur "shortcut" om verby die oom in die pepermentgroen Mercedes met ’n plattelandse registrasie te skuif. Oom is ekstra warm onder sy "two tone suit", wou net die koöperasie se rekening betaal en hier neuk hy 'n "mall" in. Mamma wil net "gou" by Die Arm Man se Boetiek inhardloop, "nuwe flênnie paslakens en kussingslope vir die winter, Pappa".
Sommer gou by Die Middelklas Man se Boetiek ook in, "jou onderbroeke en sokkies is die ene gate, Pappa”. Beloof ’n plaaskoffie en ’n rohack-brötchen vir al sy moeite. Toe oom in pepermentgroen Mercedes dieselfde kleur as sy Sondag- en dorpsmotor is, spoeg die masjien 'n kaartjie.
Net een parkeerplek nader as 352 meter van die ingang. Nee. Enigste opsie is onder 'n pyp wat iewers in die toilette op die eerste verdieping gebars het en drup-drup syfer. Jip, dis ’n rioolpyp.
Wat toe bly, bly heel. Knyp my neus en haal deur ’n gleufie tussen my lippe asem tot binne die "mall". Uit die hoek van my oog sien ek hoe ’n knaap, kop tot toon in sy mooiste swart ensemble getooi, naderstorm met ’n koevertjie. Voor ek in ’n winkel kan inhol of agter ’n ma, baba in ’n stootwaentjie en winkeltrollie met nog twee bloedjies bo-op platgetrapte en halfgekoude lekkers en broodjies kan skuil, is hy by my.
Druk die koevertjie onder my neus en beloof sonder om te blik, bloos of stamel dié wonder van die Rooi See gaan my “my goodness, you have a very tired face” sommer net so opkikker.
“Please try it for your very tired hair also,” waag hy dapper, maar beland in die winkeltrollie saam met die twee ekstra bloedjies.
Met my eie trollie vol waag ek dit na die hysbak. In die tyd van melk wat verdik en avokadepere wat ryp word, stop die hyser uiteindelik. Voor my die oom in die pepermentgroen Mercedes. Mamma en haar verskeie vol winkeltrollies verklap meer as onderbroeke en flênnielakens. Nie plek vir my ook nie. Wag en wag en wag. Uiteindelik op pad uit, met die gebarste rioolpyp se stink drup wat in plassies op die kar se dak lê en stink. Kaartjie in, ek uit.
Dalk ’n goeie tyd om ’n veel hegter verhouding met aanlyntegnologie aan te knoop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie