Wat wô, so ry ons!
Tielman van Lill - Daar is baie dinge wat vir my onduidelik is. Veral hier in ons mooi land is dit vir my diep onduidelik of mense, veral bestuurders, duidelikheid oor hul pligte as drywer van 'n voertuig het.
Ek wil nie veralgemeen nie, maar my beskeie mening is dat 95% van ons land se sogenaamde gelisensiëerde bestuurders hul lisensies elders moes aangeskaf het as by die trêffieks. Die manne en manninne vergeet van alles as hulle agter 'n kar se stuurwiel inklim, behalwe hoe om 'n selfoon tussen sy skouer en oor vas te druk en onbedaarlik soos 'n mak papegaai daarop te klets.
Hel nee, dit maak nie sin nie. Bel eers almal klaar voor jy agter daai wêgon se wiel inskuif om die res van die land se sensitiewe siele soos ek te terroriseer. Indien die ou fountjie sou lui terwyl jy soos 'n uiters verantwoordelike burger die pad gebruik, kan jy mos vyf minute, ja vyf minute later die uiters belangrike oproepie wat jy so pas gemis het met die kôlbêk-funksie afhandel.
Hierby sluit ek nie ons hoogs ervare operateurs van die têksibedryf in nie. Nee wat, daai ouens kan geensins as 'n bestuurder bestempel word nie en is slegs geskik om met iemand anders se vervalste geboortesertifikaat die land se paaie op horings te neem. Dit bring my ook by die punt dat die polisiëring van ons land se verkeerswette veel te wense oorlaat en soos 'n halwe nul op 'n kontrak pruik.
As ek aan die res van Namibië se uiters onbekame bestuurders dink, sien ek talle gesigte en figure. Daar is skones, vuiles, rykes, armes, jonges, oues, lang maeres, kort maeres, lelike maeres, bleskop maeres, rondes, vettes, lang vettes, kort vettes, lelikes, mooies en die blonde bestuurders. Daar is die belangrike meneer in sy swart vuurwa van N$1,5 miljoen, maar hy kan nie eers hêndsfrie-toerusting van 'n paar minderwaardige dollartjies in sy statussimbool laat installeer nie. Maar praat sal hy praat terwyl die res van die bevolking verskrik met wit geklemde kneukels agter hul outmobiele se stuurwiele koes.
En dan is die ou spulletjie deur die bank almal hoogs verontwaardig as jy die skuldige daarop wys dat hy/sy so pas 'n potensiëel lelike ongeluk met jou vernuf vermy het.
Ek wonder of dié ouens een padreël sal ken? Dit bring my by die punt van ken. Destyds toe ek begin baard kry, is daar vir my gepreek om nie stout te wees nie. Wel, stout was ek nooit op laerskool nie. Ek het nie skool "gebank", siek gespeel, afgeskryf of "gekrip" nie. Ek het geken van soet wees, want ons het net soms 'n skyf donkiekawalla daar agter die seunstoilette geneem as ons nie 'n pakkie 10 Leksiengtins van 5c kon bekostig nie.
So kom dit toe dat ons een aand besluit om êrens in die dorp ons kamer se nodige vrugteproviand aan te vul en terseldertyd die vars aandlug te geniet terwyl die res van die koshuis in hul beddens moet wees. Dis toe dat die dominee se brak aan't blawwe gaan wat ek stout raak. Behalwe dat al vier die blou Mercedes se wiele afgeblaas was, het ek ook gesorg dat die pastorie eers die namiddag laat hul dierbare pavementspesjilkie kon opspoor waar hy in ou dominee se deurmekaar studeerkamer onner die bank weggekruip het.
Toe ek my pa later jare van die storie vertel, was hy heel diplomaties om aan my te verduidelik wat stout en nie stout is nie, beteken. Ek is steeds van mening dat 'n kat meer duidelikheid van saffraan het as ek van stout, of nie stout wees nie, het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie