Wat weeg 'n marmerrenoster?
Tanja Bause - As jy kan raai wat die marmerrenoster sal weeg wat tans deur die Franse beeldhoukunstenaar Gé Pellini by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) geskep word wanneer hy klaar is, het jy 'n kans om 'n lewendige renoster in die natuur te sien.
As jy reg raai, kan jy twee nagte vir twee by die Palmwag Lodge wen. Dit sluit ontbyt en aandete in. Ook ingesluit by die prys is 'n renosteropsporingsuitstappie waartydens jy die geleentheid kan kry om die laaste vrylewende swartrenosters in die wêreld te sien. Stuur die woord “Rhino” gevolg deur die antwoord na 32532 - bv. “Rhino 9 999 kg”. Mense kan soveel SMSe stuur as wat hulle wil. Die inskrywing wat die naaste aan die finale gewig is, sal as wenner aangewys word.
Die kompetisie sluit op 28 Augustus. Die wenner sal tydens die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha) se glansdinee op 31 Augustus bekend gemaak word. Die beeldhouwerk sal ook by die geleentheid opgeveil word.
Die geld sal vir die bewaring van dié bedreigde dier gebruik word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie