Water sneller dalk Omeya-aardbewing
Water sneller dalk Omeya-aardbewing

Water sneller dalk Omeya-aardbewing

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die aardbewing wat gisternamiddag by die Omeya-gholflandgoed suid van Windhoek gevoel is, is waarskynlik deur ondergrondse water veroorsaak.
Só meen twee van die top-geowetenskaplikes verbonde aan die ministerie van myne en energie se Geologiese Opname.
Me. Mako Sitali, 'n senior geo-wetenskaplike, het bevestig dat die bewing 3,6 op die Richterskaal geregistreer het en deur seismograwe in Windhoek, op Gobabis en Aus opgetel is. Sy sê dit moes baie beperk voorgekom het, aangesien seismograwe op byvoorbeeld Kamanjab en Rundu dit nie aangeteken het nie.
“Die episentrum was sowat 35 kilometer noord-noord-oos van Rehoboth. Die bewing het 10 km diep onder die aardkors ontstaan,” het sy bygevoeg.
Die hoofgeofisikus, dr. Nortin Titus, gee gelyk dat die bewing baie gelokaliseerd moes gewees het. Hy is ook van mening dat dit waarskynlik deur die beweging van ondergrondse water veroorsaak is. Hy sê selfs die verskuiwing van ‘n klein bietjie water, kan ligte aardtrillings sneller.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!