Water spat op Koperdorp
Water spat op Koperdorp

Water spat op Koperdorp

Swem
Tielman van Lill
Die tweede Bank Windhoek langbadswemgala vir die 2016-''17 seisoen is die afgelope naweek by die Kuperferquelle-oord op Tsumeb aangebied waaraan drie klubs en 57 swemmers deelgeneem het.

Die gala in die noorde het ''n tipiese opgewondenheid by die swemmers aangewakker. Veral die jonger swemmers wat nog nie getoer het nie, het die uitstappie na die myndorp geniet. Heelwat van die deelnemers en hul ouers het by die oord tuisgegaan en die ontspanne atmosfeer is terdeë geniet.

Dolphins het met 48 swemmers die grootste teenwoordigheid gehad, terwyl Namib Swemakademie en Swakopmund Swemklub onderskeidelik sewe en twee deelnemers opgelewer het.

Mikah Burger het uitstekend in die 50 m vlinderslag vir seuns o.12 gevaar toe hy sy eie rekord van 31.54 sekondes tot 31.10 s verbeter het wat hy op 28 Maart vanjaar opgestel het.

Hoewel dit die enigste rekord was wat die afgelope naweek verbeter is, was die algehele vertoning van die swemmers goed en 162 persoonlike beste tye is verbeter.

Die derde Bank Windhoek langbadgala vind op 3 Desember in die 50 meter munisipale swembad in Olympia plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!