Waterbesparing verlig druk op hoofstad
Waterbesparing verlig druk op hoofstad

Waterbesparing verlig druk op hoofstad

Sentraal-Namibië se watertoevoer is vir eers verseker, terwyl NamWater steeds langtermyn oplossings soek
Augetto Graig
Augetto Graig – Die hoofstad het deur die loop van die afgelope jaar 'n besparing van 16,3% in sy waterverbruik bereik – meer as die teiken van 15%, en genoeg om maatreëls tot besparing vir nou te laat verslap.

Volgens NamWater se uitvoerende hoof, mnr. Abraham Nehemia, is die nasionale waterverskaffer baie dankbaar hieroor.

“Dit sal beslis baie help met watertoevoer in die kort- tot medium termyn. Voorspellings deur NamWater dui op genoeg sekerheid van toevoer om die waterbesparingskategorie vir die volgende 12 maande aan te pas van kategorie D, met 15% besparingsvereiste, tot kategorie B met 5% besparingsvereiste,” sê hy.

Nog goeie nuus is dat die ­Windhoek munisipaliteit reeds die afgelope vyf weke die plaas­like waterdraer kunsmatig aanvul.

Volgens mnr. Jacobus Theron, wateringenieur vir die hoofstad, is damvlakke voldoende en watergehalte goed genoeg om te verseker die waterdraer word nie besmet nie. Hy verwag goeie vordering ten minste tot November wanneer toevoer van die ­Swakoppoortdam meer aandag gedurende waterbehandeling by vulpunte sal vereis om topgehalte water vir die hervulling te verseker.

Ongelukkig sal hierdie verwikkeling nie goedkoper water vir Windhoek se inwoners beteken nie.

Nehemia waarsku dat verlaging van koste vir water tot 'n toename in die verbruik kan bydra. NamWater verkies groter volumes beskikbare water om pryse oor die langer termyn laag te hou, sê hy.

“Ons kyk na die koste om elke kubieke meter water te produseer en stel dan 'n realistiese tarief, dus sal groter volumes goedkoper water beteken,” sê hy.

“Die watertoevoer na die sentrale gebied van Namibië, wat Windhoek insluit, bly onder druk te midde van effens laer as gemiddelde reënval aangeteken oor die laaste seisoen.

“Dit bly die geval totdat langtermyn aanvullende toevoeropsies – wat ons tans ondersoek – verseker is. Inwoners en verbruikers in die gebied moet sorgsaam bly met hul ­verbruiksgewoontes, om te v­erseker watertoevoer word met die nodige verantwoordelikheid bestuur,” sê hy.

Hierdie opsies sluit in ontsouting en die vervoer van water vanaf die kus, of vanaf die Kavangorivier, na sentraal Windhoek.

“Vir die kus is ontsouting 'n moet, en dis bekostigbaar. Om die water Windhoek toe te bring, is die probleem,” sê hy.

Volgens Nehemia is die kern van die probleem veral die energiekoste nodig om water 1 200 meter bo seevlak na Windhoek te pomp. “Konvensionele kragtoevoer sal sulke water in ­Windhoek baie duur maak,” sê hy.

NamWater is in gesprek met die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) om die vereiste te laat verslap dat 70% kragverbruik vir so 'n projek deur NamPower of 'n elektrisiteitsverskaffer op streekvlak voorsien moet word, sê hy.

Te min aandag en belegging word egter aan navorsing en die ontwikkeling van waterstelselbestuur toegeken, volgens Nehemia.

NamWater begroot jaarliks N$10 miljoen vir navorsing en ontwikkeling, maar dit word nie altyd gebruik nie, sê hy.

“Ons benodig 'n platform waar die hele watersektor saam gebiede vir navorsing kan identifiseer. Op die oomblik doen elkeen sy eie ding,” sê die waterbaas. Een voortdurende studie ondersoek ontsouting en NamWater verwag in Julie resultate wat kan bydra tot 'n besluit oor wat so 'n projek sal behels, wanneer dit geloods kan word en hoe om daarvoor te betaal, sê hy.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!