Waterbesparingsprogram werp vrugte af
Waterbeamptes het lekkasies doeltreffend opgespoor en herstel.
Elvira Hattingh - Hoewel die veldtog vir waterbesparings in openbare instansies nog nie verder as in Windhoek geïmplementeer is nie, blyk dit uit voorlopige resultate dat dit oor die afgelope jare bygedra het tot die verbeterde monitering van waterverbruik by veral drie regeringskomplekse.
Die werk van waterbeamptes by spesifiek Government Office Park (GOP) en die ministerie van die omgewing en toerisme se kantore, het gehelp om gróót waterlekkasies weens die bars van pype vinnig te identifiseer en te herstel.
Sonder dié veldtog, kon dié lekkasies onontdek voortgeduur het.
Die ministerie van landbou, water en bosbou se hoofhidroloog, me. Ndina Nashipili, het Donderdag tydens ‘n waterseminaar oor die nasionale waterbeleid gesê syfers oor die hoe doeltreffend die waterbesparingsveldtog in Windhoek se openbare instansies was, sal binnekort beskikbaar wees.
Tydens die seminaar het NamWater aangedui Sentrale Namibië ervaar wéér waternood en sal nie drie seisoene met die beskikbare water kan oorbrug nie.
WATERLEKKASIES VINNIG OPGESPOOR
Nashipili het gewys hoe inligting wat vanaf waterbeamptes ingesamel is, bygedra het daartoe dat die aanvanklike waterverbruik van byvoorbeeld die ministerie van die omgewing en toerisme se kantore van sowat 21 m³ per dag na 4 m³ per dag in Junie verlede jaar gedaal het.
“Toe daar ‘n ernstige waterlekkasie in Februarie vanjaar by dié kantore voorgekom het, is dit danksy hierdie program binne dae ontdek en herstel. Tydens die waterlek het die kantore se daaglikse waterverbruik weer opgeskiet na sowat 39 m³ - wat die erns van die waterlek aandui,” het sy gesê.
Sy het ook gewys die GOP handhaaf sedert die middel van 2015 ‘n daaglikse gemiddelde waterverbruik van tussen sowat 25 m³ en 62 m³. Verlede jaar het verskeie waterpype gebars, wat waterverbruik tot so hoog as 85 m³ in Februarie opgestoot het. Danksy waterbeamptes is minstens nog twee barste in pype daarna vinnig opgespoor en herstel.
DROOGTE IN OORVLOED
Die besparingsprogram kom ná ‘n kabinetsopdrag vir waterbesparing in openbare instansies in Augustus 2016. Dit het daartoe gelei dat ‘n reedsbestaande waterbesparingsveldtog in November 2016 geheraktiveer is en amptelik in Maart verlede jaar op Wêreldwaterdag weer van stapel gestuur is.
Intussen is 63 waterbeamptes by 27 openbare instansies aangestel, wat onder meer insluit Staatshuis, onderskeie ministeries, Agribank, die Universiteit van Namibië, Telecom, die Nasionale Jeugdiens, die Namibië Statistiekagentskap en die Ontwikkelingsbank van Namibië.
Hierdie waterbeamptes se take sluit in om daagliks of weekliks watermeters te lees en toetse vir waterlekkasies te doen. Hulle word selfs opgelei om klein lekkasies self te herstel.
“Hulle moet ook plakkate orals opsit wat mense daaraan sal herinner om water te bespaar.
“Ons moet die boodskap by almal uitkry dat Namibië nie water in oorvloed het nie. Wat ons wel in oorvloed het, is droogte. Namibië is bykans gewaarborg van ‘n droogte elke drie tot vyf jaar,” het Nashipili gesê.
Sy het verduidelik die mikpunt met die program is eindelik om openbare instansies se waterrekeninge teen 2020 met 20% te verminder.
PROGRAM SLEGS IN WINDHOEK
“Die idee was om met die veldtog in Sentrale Namibië te begin en dit eindelik na die res van die land uit te brei. Vanweë beperkte hulpbronne kon die veldtog tot dusver nie verder as Windhoek implementeer word nie.
“Tans word ‘n loodsstudie egter by die GOP gedoen, wat behels dat meer watermeters geïnstalleer moet word. Tans het hierdie hele kantoorkompleks slegs een watermeter, wat beteken dit is baie moeilik om ‘n lekkasie op te spoor en ook om dit dan te isoleer,” het sy gesê.
Die waterbesparingsveldtog is ‘n gesamentlike poging deur die Windhoekse munisipaliteit, die ministerie en NamWater. Dit word deur private instansies soos Ogilvy & Mather Namibia, Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) en AB InBev (voorheen SAB Miller) ondersteun.
Nashipili het gesê GIZ het gehelp om ‘n stelsel vir die nagaan en beheer van watergebruik te ontwikkel en dat dit eindelik gebruik sal word om vas te stel wat die impak van die veldtog was. Dit behels dat wateroudits maandeliks uitgevoer moet word.
“Op ons volgende vergadering sal ons analiseer watter verskil daar tot dusver met die veldtog gemaak is.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie