Waterkantontwikkeling dalk in 2019 klaar
Die maritieme museum sal die grootste in sy soort in Afrika wees.
Tanja Bause – Bouwerk aan die deel van die waterkantontwikkeling by die ou kragstasie in Lüderitz is tans weens ’n tekort aan geld gestaak.
“Ons verwag dat die projek in 2019 voltooi sal word, sou die regering genoeg geld beskikbaar stel,” sê mnr. Fluksman Samuehl, uitvoerende hoof van die Lüderitz Waterfront Development Company.
Die projek word gesamentlik deur dié maatskappy (5%) en Namibië se regering (95%) gefinansier.
Weens streng begrotingsbesnoeiings het die regering nie meer geld vir die projek beskikbaar gestel nie.
“Die projek is 70% voltooi. Ons moet nog net die afrondingswerk in die gebou en grondverskuiwings buite die gebou doen voor dit in gebruik geneem kan word,” het Samuehl gesê.
Die projek sal met voltooiing ’n maritieme museum, ’n binnenshuise swembad, sportgeriewe asook 'n satellietkampus van die Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) huisves.
Die maritieme museum sal die grootste in sy soort in Afrika wees.
Die museum sal op visserye, handel en ook op die onderwatermynbedryf fokus.
Besoekers sal antieke visvangmetodes, die modernste diamanteksplorasiebote, moderne modelskepe en selfs die skip wat in die 16de eeu by Oranjemund skipbreuk gely het en in 2008 uitgegrawe is, in die museum kan sien.
Een van die grootste uitdagings van die projek was die feit dat dit ’n historiese gebou is. Die 104 jaar oue gebou is ’n erfenisgebou en is deel van die land se geskiedenis.
Die oorspronklike buitemure van die gebou mag nie afgebreek of verander word nie. Die binnemure en staalstrukture wat oorspronklik vir die nywerheidsgebruik van die kragstasie gebou is, is uitgehaal. Dit is die eerste projek in sy soort waar ’n gebou binne ’n gebou in Namibië opgerig word.
“Die projek is in Junie 2013 van stapel gestuur. Dit het sowat 16 maande gevat om die gebou uit te hol en om al die ou mure en staalstrukture binne-in te verwyder. Ons moes ook asbesplate verwyder voordat ons met die opgradering en bouwerk aan die nuwe projek kon begin,” het Samuehl gesê.
Daar sal plek vir 1 500 Nust-studente wees wat toerisme, sport en mariene biologie kan studeer. Buite die kompleks sal plek wees vir ’n koffiekroeg en daar is selfs sprake van ’n hawe vir seilbote.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie