Waterkrisis by HTS afgeweer
Toevoer tot vyf uur per dag beperk
Augetto Graig - ’n Waterkrisis by die Hoër Tegniese Skool (HTS) in Windhoek is ter elfder ure afgeweer, kort voordat leerlinge vandag by ’n somerskool inval om vir die jaareindeksamen voor te berei.
Die skool sowel as die koshuis se watertoevoer is Donderdag deur die Windhoekse munisipaliteit afgesny, met die direkteur van onderwys vir die Khomasstreek, mnr. Gerhard Vries, wat moes ingryp om ’n waterkrisis te vermy.
Ongeveer 220 graad 12-leerlinge woon van vandag af klasse by die skool by, terwyl 160 leerlinge in die koshuis tuisgaan. Volgens die koshuis se superintendent, mnr. Wouter Louw, is die watertoevoer weens oormatige gebruik afgesny. ’n Ooreenkoms is Vrydag tussen die ministerie van onderwys, kuns en kultuur en die munisipaliteit gesluit om die krane vir die duur van die somerskool weer oop te draai.
Volgens Louw het die skool en koshuis, wat sowat 400 leerlinge, onderwysers en personeel huisves, net op sekere tye toegang tot water en wel vanaf 05:00 tot 06:00, 09:30 tot 10:30, 13:00 tot 14:00 en weer van 17:00 tot 19:00.
“Die watertoevoer is aan, maar in elke periode van 24 uur kan die krane net vir vyf ure oopgedraai word.” Volgens Louw is daar nóg skole en koshuise, soos onder meer Augustineum, waar die munisipaliteit krane weens oormatige waterverbruik wil toedraai.
Hy het voorts gesê HTS poog deur die jaar om lekkende krane en stukkende pype te herstel. Die afdeling verantwoordelik vir instandhouding by die ministerie van werke en vervoer was volgens Louw al 12 keer by die skool om lekkasies te herstel.
“Danksy hulp van die Academia-buurtwag het ons ook gratis die dienste van Central Technical Supplies bekom om die swaaiskakelaars in ons waterreservoir reg te maak.
“Dié werk is Vrydag voltooi sodat die water nie meer oormatig uitvloei nie en dit outomaties beheer word. In die verlede moes ons self die pomp met die hand afskakel.”
“Gelukkig het ons halfgesuiwerde water vir die rugbyveld. Ons het ook met mnr. Dieter Tolke van die munisipaliteit gepraat en hy gaan ons help om ons waterverbruik by die koshuis te monitor. Huidig neem ons daagliks om 08:00 rekord van ons verbruik, totdat ons die aanvaarbare vlak kan bereik,” het Louw gesê.
Tolke was Vrydagoggend aanvanklik nie bereid om weer die watertoevoer na die skool en koshuis te herstel alvorens hy ’n plan vir beter waterbesparing van die skool gekry het nie. Hy het in ’n onderhoud met Republikein verwys na ’n lys skole en sportgeriewe wat almal oor dieselfde kam geskeer gaan word omdat hulle “drinkwater misbruik”. Met verwysing na HTS het Tolke gesê hy sou sonder hul samewerking nog strenger opgetree het. “Ons doen dit (die herstel van watertoevoer) net as die ministerie aan basiese vereistes voldoen,” het hy gesê.
Die direkteur van onderwys vir die Khomasstreek, mnr. Gerhard Vries, het ’n skrywe aan Tolke gerig waarin hy gesê het die skool sal ’n plan vir die vermindering van sy waterverbruik aan die munisipaliteit verskaf.
Volgens nuwe waterbesparingsmaatreëls wat vroeër deur die kabinet goedgekeur is, moet alle ministeries, agentskappe en kantore van die regering hul instandhoudingsbegroting gebruik om lekkasies en stukkende pype te herstel. Dit moet in samewerking met die Windhoekse munisipaliteit gedoen word. Waterbeamptes moet ook aangestel word om waterverbruik te monitor en waterpype vir enige lekkasies te ondersoek.
Personeel moet voorts opleiding in waterbestuur- en besparing ontvang, terwyl ’n veldtog oor waterbesparing beplan word vir Windhoek en ook ander dorpe wat geraak word deur watertekorte. Die ministerie van landbou, water en bosbou is ook beopdrag om inspeksies by alle openbare instellings in die land te doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie