Waterkrisis: Hage vergader met kenners
Elvira Hattingh – President Hage Geingob oorweeg dit om amptelik ‘n waterkrisis in Namibië te verklaar.
Hy het die nuus gister bekend gemaak terwyl hy en verskeie lede van die kabinet met kenners in die watersektor oor die huidige situasie in Namibië vergader het.
‘n Nasionale plan vir watersekerheid vir Namibië onder leiding van mnr. Abraham Nehemia, adjunk-permanente sekretaris in die departement van watersake en bosbou in die ministerie van landbou, water en bosbou, is aan president Geingob voorgelê.
Dele van die plan wat so gou as moontlik uitgevoer moet word, sluit in die ontwikkeling van die Karst-akwifer in die Noorde om meer water aan Sentraal-Namibië te verskaf. Dié projek sal ongeveer N$44 miljoen kos. Dit sluit in dat meer water van Berg Aukas af gepomp en groter waterpompe by Kombatmyn geïnstalleer word. Die kanaal, of oostelike nasionale waterdraer, moet ook dringend gerehabiliteer word.
Die nasionale plan vir watersekerheid sal na raming egter N$24,185 miljard kos om te implementeer en dit sluit in om bykomende water van grensriviere te onttrek. Deel van die plan is onder meer om water uit die Kunenerivier vir Oshakati te onttrek, terwyl water vir die sentrale dele van die land van die Kavangorivier gekry moet word.
Wat die Suide betref, is die plan om meer water uit die Visrivier deur middel van Neckartaldam asook die beplande Noordoewerdam op te vang. Watersekerheid in landelike gebiede sal deur die boor van boorgate verkry word, terwyl seewater ontsout sal word om aan veral kusgedeeltes water te verskaf. Dié water kan moontlik ook gebruik word vir Sentraal-Namibië, hoewel daar in rekening gebring moet word dat Windhoek 1 200 meter bo seëvlak geleë is.
Bykomende planne sluit in om binnelandse damme soos Neckartal-, Oanob en Von Bachdam binnelands te verbind sodat water oorgeplaas kan word indien nodig.
Sentraal-Namibië ervaar vanjaar egter ‘n tekort aan 15,7 Mm³ water en volgens mnr. Pierre van Rensburg van die Windhoekse munisipaliteit het dit reeds in 2012 die punt verbygesteek waar waterverbruik volhoubaar was.
“Die droogte is egter nie die grootste oorsaak van ons watertekort nie, maar die feit dat ‘n tekort in die waterverskaffingstelsel bestaan. Die gevolg is dat Windhoek met ‘n waterkrisis sit sodra swakker reënjare voorkom. Reën alleen gaan nie ons situasie oplos nie en ons sal meer bronne van water moet kry as wat ons reeds het.”
Van Rensburg het ook gesê behalwe vir die beperkte hoeveelheid water wat nog in damme beskikbaar is, bied die Windhoek-akwifer en die waterherwinningsaanleg genoeg water om in sowat 35% van die vraag te voorsien. Volgens hom is die nodige infrastruktuur nog nie gereed om ‘n groot hoeveelheid water uit die Windhoek-akwifer te onttrek nie en word die Gammamsaanleg tans oorlaai, wat beteken hulle sukkel om water te kry waarvan die gehalte goed genoeg is om te herwin.
" Terwyl ons ‘n ernstige waterkwessie in die land ervaar, staar ons ook ‘n energiekrisis in die gesig, het Geingob gesê. " Ons kry egter die wind van voor as dit by die implementering van die Harambee-welvaartplan kom. Ek het in die vergadering met kenners belê om te sien wat ons in kort termyn kan doen om die waterkwessie aan te pak en wat lang termyn betref die probleem vir eens en altyd op te los.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie