Waterkrisis nog nie verby
Namibië juig oor die goeie reën van die afgelope week en die reuse-invloei na die vernaamste opgaardamme.
'n Mens hoef net 'n halfuur op kletsblaaie soos Facebook deur te bring om van die nasionale uitbundigheid in die land kennis te neem.
Soos met vorige nat La Niña-seisoene, het “reëntoerisme” ook weer posgevat. 'n Bewys hiervan was die groot getal mense wat die afgelope naweek van heinde en verre gery het om die leliepan op die plaas Sandhof by Maltahöhe te besoek.
Dat die Von Bachdam nou op 32,7% van sy kapasiteit staan, wat dubbel soveel is as verlede week dié tyd, regverdig 'n reëndans in die gemoed van almal in sentraal-Namibië.
Die harde, kil feite is egter dat die waterkrisis in Windhoek en die ander dorpe in die sentrale deel van die land voortduur.
Dié gebied se voedingsdamme (Von Bach, Swakoppoort en Omatako) se gesamentlike inhoud is tans net 'n raps méér as verlede jaar hierdie tyd (16,1% teenoor 14,8%).
Natuurlik vertrou ons die reën gaan nie nou ophou nie. En natuurlik hoop ons die damme word tot die maksimum gevul.
Namibiërs, en veral Windhoekers, moet water ondanks die reënval steeds spaarsamig en oordeelkundig gebruik.
Net omdat dit reën kan ons nie eenklaps almal weer ons voertuie met tuinslange was, swembaddens opvul of plaveisel skoonspuit nie.
Ons móét steeds leef soos 'n paar maande gelede toe die meeste Windhoekers jaloers omgesien het na elke liter tot die stad se beskikking.
Ons kan nie toelaat dat dít wat 'n leefwyse geword het, deur 'n vals beeld van oorvloed ongedaan gemaak word nie.
Namibië is 'n semi-woestyn land.
Nat seisoene is die uitsondering en nie die reël nie.
Daarom is en bly water ons kosbaarste hulpbron.
Netwerk24, 13 Februarie 2017
Staatsrede wys net weer Zuma se tyd is verby
Suid-Afrikaners kan nie kwalik geneem word as hulle sit met erge sooibrand ná die uiters onbevredigende parlementsopening en staatsrede Donderdagaand nie.
Enersyds was daar die onthutsende tonele van politici wat hul besware teen die persoon van die president duidelik gestel het. Dit het begin met luide uitroepe van: “Tsotsi, tsotsi!”, toe pres. Jacob Zuma die parlement betree het en uitgeloop in tonele wat aan 'n kroeggeveg herinner, toe EFF-lede gewelddadig uit die parlement geboender is.
Andersyds was daar die ondeurdagte weiering van Baleka Mbete, speaker, om 'n oomblik van stilte vir die Esidimeni-94 toe te staan. Tussendeur was daar die gevloek en geskreeu van parlementslede.
Zuma is 'n verleentheid vir die land en vir die ANC. Dit is tyd vir bekwame, stabiele leierskap wat die land vorentoe kan neem, maar die hoop beskaam.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie