Waterkrisis op Rundu dryf man in krokodil se kake
'n Man wat 'n krokodilaanval oorleef het, sal volgens die nasionale beleid op mens-dier-konflik vergoed word.
Kenya Kambowe op Rundu – 'n Sameloop van sosioëkonomiese uitdagings – insluitend werkloosheid en 'n gebrek aan drinkbare water by sy huis in Rundu se informele nedersetting Ndama – het mnr. John Komba Nashirere (29) verlede week letterlik in die kake van die dood laat beland.
Met die werkloosheidsyfer onder die jeug wat na raming teen jaareinde meer as 50% sal bereik, is Nashirere een van vele slagoffers.
Op 22 Oktober – dieselfde dag waarop die Rundu-dorpsraad 'n stelsel vir waterrantsoenering ingestel het weens die groeiende rekening by die nasionale waterverskaffer NamWater – het Nashirere en vele ander inwoners hulle tot die nabygeleë Kavangorivier gewend vir lafenis.
Soos diegene wat die rivierwater gebruik omdat hul krane by die huis opgedroog het, was dit die afgelope maande deel van Nashirere se daaglikse roetine.
Dié pa van drie het geen wateraansluiting by die huis nie en Ndama het geen gemeenskaplike krane nie.
In Ndama is jy op jou eie as jy nie 'n kraan by die huis het nie.
Hy sê hy sal minstens N$5 000 nodig hê om materiaal soos pype in die hande te kry sodat die munisipaliteit sy huis vir wateraansluiting sal oorweeg. Vir 'n werklose man soos Nashirere is dié bedrag nie haalbaar nie.
Die enigste keer wat Nashirere en sy gesin toegang tot drinkbare water kon kry, was toe bure hom toegelaat het om water by hul krane te tap.
'n Tweeledige uitdaging het egter opgeduik. Eerstens is Rundu deurgaans sonder water vanweë die raad se toenemende skuld by NamWater; tweedens het die bure met kraanwater opgehou om met Nashirere te deel weens hul eie skuld by die dorpsraad.
Die plaaslike owerheid se versuim om water – 'n basiese behoefte – aan al sy inwoners te voorsien, selfs deur middel van 'n gemeenskaplike kraan, beteken Nashirere en ander in sy situasie maak net op die Kavangorivier vol krokodille staat vir besmette water.
Dié besoedelde water word vir huishoudelike behoeftes gebruik, insluitend dat dit vir drinkwater gekook word.
Gemeenskaplike krane word as goedkoper beskou, aangesien inwoners die koste onder mekaar kan verdeel.
DIE AANVAL
Oor wat op die dag van die aanval gebeur het, sê Nashirere hy en twee ander is rivier toe om hul houers vol water te maak.
Dié aand omstreeks 19:00 is hy deur die krokodil aangeval wat hom in die regterbobeen gebyt en hom met beserings aan sy bene gelaat het.
“Ek voel reeds heelwat beter. Ek kan selfs nou loop,” het Nashirere die afgelope Woensdag gesê.
Hy het 'n dringende beroep gedoen op diegene wat steeds water by die rivier gaan haal om waaksaam te wees en altyd eerder tydens daglig daarheen te gaan.
Hy het ook 'n beroep op die plaaslike owerheid gedoen om die waterkrisis op te los om voorvalle soos syne te voorkom.
Intussen het die ministerie van die omgewing en toerisme aangedui dat Nashirere met N$10 000 vergoed sal word vir wat hy moes deurmaak, ingevolge die nasionale beleid op mens-dier-konflik.
Beamptes van die ministerie sal die situasie monitor en indien die krokodil gewaar word, sal dit van kant gemaak word aangesien dit nou as 'n probleemdier beskou word.
Die Rundu-dorpsraad, wat van 'n voorafbetaalde waterstelsel gebruik maak, koop eenhede van NamWater om aan inwoners te voorsien.
Wateronderbrekings is aan die orde van die dag.
Die dorp was onlangs vir vyf dae sonder water en krag.
Die kragonderbreking is later aan 'n tegniese fout toegeskryf.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie