Waterkrisis tref skool in Omusati
Tuyeimo Haidula op Oshakati – Higiëniese toestande by die Onawa Senior Sekondêre Skool in die Omusatistreek gaan agteruit omdat leerlinge hulself vir dae lank nie kan was nie weens ‘n waterkrisis by die skool.
Bekommerde ouers het na die media uitgereik om hul misnoë uit te spreek oor die manier waarop die onderwysdirektoraat die waterkrisis hanteer.
Die skool huisves tans 1 080 leerlinge, maar is eintlik net gebou om ‘n maksimum kapasiteit van 500 leerlinge te akkommodeer.
“Die leerlinge gaan so drie of twee dae sonder om te bad. Die NamWater-pyp kon net 500 leerlinge akkommodeer, maar nou het die skool meer as 1 000 kinders. Dis ‘n baie ernstige situasie, en ons is bevrees dit kan die leerlinge se skoolwerk beïnvloed. Dit is baie onhigiënies om ‘n skool sonder lopende water te bedryf,” het een ouer gesê.
Nog een het gesê: “In die tyd van Covid-19 kan ons nie kinders by ‘n skool sonder water hê nie. Toilette word beïnvloed, wat leerlinge en hul onderwysers met geen ander keuse laat as om toilette te gebruik wat nie gespoel kan word nie, of om hulself in die bosse te verlig. Ons is ingelig dat NamWater lae druk in pype ervaar, en water verskeie gebiede nie kan bereik nie. Kan dit nie opgelos word nie?”
Die ouers het ‘n boodskap getiteld “An update on the water crisis at our school” aan ons susterkoerant Namibian Sun gewys wat hulle van die voorsitter van die skoolraad, mnr. Walter Hangula, ontvang het.
Volgens dié boodskap is die waterkrisis nog nie opgelos is nie. Dit lui verder dat die aanvanklike ooreenkoms om water aan die skool te verskaf wat met die minister van onderwys, me. Anna Nghipondoka, aangegaan is, nie nagekom word nie.
“Die direkteur se kantoor het ‘n brief aan die skoolbestuur geskryf wat versoek dat 91 leerlinge in die koshuis opgeneem word. Op grond hiervan het ek vir die skoolhoof, me. Demetria Paulus, gesê om ‘n vergadering vir volgende week Maandag of Dinsdag met die beampte van die direktoraat te reël sodat die skoolraad sy kantoor oor die kwessie kan betrek. Die adjunkdirekteur van onderwys het die skoolhoof gebel en haar gedreig om die 91 leerlinge in die koshuis te sit,” lui die boodskap gedeeltelik.
Die uitkomste van dié vergadering sal glo bepaal watter stappe volgende gedoen word.
“Sou die direkteur se kantoor versuim om die ooreenkoms na te kom, sal dit die raad met geen ander keuse laat as om alle ouers aan te raai om ‘n klagskrif in verband hiermee aan die direktoraat te oorhandig nie.”
Hangula het die krisis bevestig, maar gesê hy is nie in ‘n posisie om soveel inligting bekend te maak nie, aangesien hulle steeds in die konsultasieproses is.
Hy en Paulus het beide medianavrae na die onderwysdirekteur in die streek, mnr. Benjamin Eiseb, verwys.
“Ons verstaan daar is planne wat in die vooruitsig gestel word. Ons het deur sy kantoor met hom gekommunikeer en ons hoop hy sal binnekort vir ons terugvoer kan gee. Hy is in ‘n beter posisie om die situasie te verduidelik,” het Hangula gesê.
Eiseb het gesê hy is nie op kantoor nie en het belowe om die telefoonnommer te stuur van die persoon wat vir hom instaan. Hy het dit nie gedoen nie en het nie op verskeie boodskappe gereageer wat op sy selfoon gelaat is nie. Nghipondoka het nie geantwoord of gereageer op 'n teksboodskap wat na haar selfoon gestuur is nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie