Waterskuld draai krane toe
Dorpsrade moet betaal en in Windhoek teiken regering skuld.
Augetto Graig en Mathias Haufiku – Rehoboth se krane is droog en in die hoofstad is ministeries en regeringsinstansies met dieselfde aksie gedreig as hulle nie spoedig betaal nie.
Windhoek se munisipaliteit het gister in ’n verklaring gesê weens Covid-19 sny hy nie watertoevoer weens agterstallige skuld af nie, maar elektrisiteit wel.
Volgens NamWater se woordvoerder, mnr. Johannes Shigwedha, is Rehoboth se watervoorsiening reeds na ’n voorafbetaalde model oorgeskakel.
“Rehoboth gebruik sowat 500 kubieke meter per maand, wat beteken die dorp moet die ooreenstemmende bedrag op die voorafbetaalde stelsel betaal, anders vloei die water nie. Dis net soos wanneer jy lugtyd (vir jou selfoon) koop,” sê hy.
Volgens hom is dit nie ’n kwessie dat NamWater die lewering gestaak het nie, maar dat die stelsel nie sonder betaling water laat deurvloei nie.
“NamWater moet gedurig sorg dat dit altyd betyds water voorsien, aangesien water lewe is. Hierdie verhouding moet wederkerig wees en die waterverskaffer verwag dat al sy klante betyds vir die waterdienste moet betaal. Verder is daar ’n aantal stadsrade wat van ’n omseilwaterstelsel na ’n voorafbetaalde stelsel gemigreer is. Dit sluit in Rehoboth en Katima Mulilo. Rundu is die volgende aan die beurt,” sê hy.
Teen gisternamiddag het Rehoboth en Katima Mulilo van hul skuld begin betaal, het Shigwedha gesê. Katima Mulilo is gister oorgeskakel na die voorafbetaalstelsel, en vir Rundu kort net ’n paar logistieke kwessies, wat enige tyd opgelos sal word, volgens die NamWater-woordvoerder.
MINISTERIES SKULD MILJOENE
Intussen was dit ’n moeilike tyd vir regeringsinstansies en ministeriële kantore in Windhoek, nadat die hoofstad teen sy agterstallige rekeninghouers begin optree het.
Volgens die hoofstad se munisipaliteit skuld regeringsinstansies minstens N$41 miljoen. Spesifiek skuld die ministerie van veiligheid en sekuriteit N$34 miljoen, verdediging skuld N$5,2 miljoen, landbou N$3,8 miljoen, die sport- en jeugministerie N$2,6 miljoen, myne en energie N$1,3 miljoen en die grondministerie N$570 000.
Die optrede deur die Windhoek munisipaliteit, wat nou onder opposisieleiding is, kom terwyl die regering ’n geldtekort beleef. Daar was gemengde reaksie op Windhoek se besluit om dienste te sny, met sekere kritici wat voel dit is nie goed deurdink nie en is ’n poging om die Swapo-regering in die verleentheid te stel.
Ondersteuners van die besluit reken weer dit is hoog tyd dat groot instansies eerder as huisgesinne moet betaal, of die nagevolge voel.
Bronne binne die munisipaliteit sê die stadsraad hoef net aan betalende kliënte dienste te lewer. “Oor die jare het die Swapo-politici wat die raad beheer het, gekeer dat die werkers hul werk doen. Regeringsinstansies skuld miljoene, maar ons is altyd gekeer om teen hulle op te tree,” sê een bron.
Laasjaar het die hoofstad gesê inwoners, besighede en verskeie regeringsinstansies skuld altesaam N$935 miljoen. Dit staan volgens ’n verklaring gister nou op N$1 miljard.
Volgens bronne is die ministerie van onderwys se kantore by Government Office Park se elektrisiteit gesny.
Namibië se twee grootste stadions (Onafhanklikheid- en Hage Geingobstadion) word ook met die sny van krag gedreig, weens skuldbedrae van nagenoeg N$1,3 miljoen elk.
Windhoek se munisipaliteit worstel reeds jare met groot finansiële tekorte. In 2019 was die hoofstad se begrotingstekort N$1,5 miljard en die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Peya Mushelenga, het toe sy kapitaalbegroting vanaf N$632 miljoen tot N$83 miljoen laat sny.
Mushelenga het die hoofstad se plan om kapitaalprojekte te finansier, stopgesit omdat hy nie wou hê inwoners moet die finansiële las dra nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie